Huisgenoot

MARS IS ’N TYDMASJIEN

-

Volgens Nasa kan ons na die verre verlede reis deur Mars met InSight te bestudeer. Die aarde en Venus het tektoniese plate wat die meeste getuienis van hul vroeë verlede vernietig het, maar Mars het meer as 3 miljard jaar lank grootliks staties gebly. Dis heelwat kleiner as die aarde en Venus en het minder energie om die prosesse aan te dryf wat planeetstr­uktuur verander. Dis grootliks ’n fossielpla­neet wat die geheime van ons sonnestels­el se vroeë geskiedeni­s diep daarin bewaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa