Huisgenoot

MRS. DOUBTFIRE-REUNE

- rs. ng Ek n kei

DIS meer as 25 jaar sedert ons Mrs. Doubtfire ontmoet het, maar vir die akteurs van dié klassieke rolprent is die verfilming daarvan, en die ervaring om saam met die legendarie­se Robin Williams te werk, nog vars in die geheue.

Die drie Hillardkin­ders – die nou volwasse Mara Wilson, Lisa Jakub en Matthew Lawrence – het onlangs in ’n episode van The Today Show met hul silwerdoek­stiefpa, Pierce Brosnan (wat Stuart Dunmeyer gespeel het), herenig. Die voormalige medesterre het herinnerin­gs oor die oorlede komediant gedeel en gesê sy uit-die-vuis-humor het dit gereeld vir hulle moeilik gemaak om hul lag te hou.

“Robin was soos ’n raadgewer,” sê Matthew (38), wat destyds die rol van Chris Hillard vertolk het. “Hy sou net skielik, uit die bloute, vir jou kyk en sê: ‘Moenie dwelms gebruik nie. Dit het regtig my brein opgemors. Ek’s ernstig. Moet dit nie gebruik nie.’ Dit het my bygebly.”

Lisa (39), wat Lydia Hillard gespeel het, vertel Robin het haar haar lewenslang­e angstighei­d help hanteer. “Hy het baie openlik en eerlik met my oor sy probleme met verslawing en depressie gepraat. Op 14 het dit ’n groot indruk op my gemaak.”

Die Matilda-ster Mara (31), wat klein Natalie Hillard gespeel het, onthou Robin as “’n gedurige toneelspel­er”, terwyl Pierce (65) sê Robin was “innig menslik, goedhartig, vrygewig, liefdevol”.

Die akteurs het ook oor die uitwerking en nalatenska­p van die ikoniese rolprent van 1993 hart oopgemaak.

“Ek dink voor Mrs. Doubtfire het nie baie rolprente egskeiding realisties hanteer nie,” sê Lisa. “Ek dink dit het regtig gewys daar is baie verskillen­de weergawes van ’n gelukkige einde en dat gesinne dalk verskillen­d lyk en mense dalk anders as jy leef, maar wanneer daar liefde en aanvaardin­g is, sal alles oukei wees.”

‘Dit het hom absoluut ggek gemaak dat hy my nooitt kokon n laat lag nie. Hy kon my nooit van die lag laat uitbars nie’ – Sally Field (72), wat Miranda Hillard lard gespeel het, maar nie op die reünie nie was nie, het ook onlangs gepraat oor hoe dit was om saam met Robin n Williams te werk.

 ??  ??
 ??  ?? Robin Williams het in Augustus 2014 sy eie lewe geneem te midde van komplikasi­es weens Lewy-liggaamsie­kte.
Robin Williams het in Augustus 2014 sy eie lewe geneem te midde van komplikasi­es weens Lewy-liggaamsie­kte.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa