Huisgenoot

’NSTRANDLEW­EVIR DIEHEMSWOR­THS

-

CHRIS HEMSWORTH en sy vrou, Elsa Pataky, het pas R43,4 miljoen vir ’n tweede huis in Sydney, Australië, se idilliese Byron Bay opgedok – en hulle is pal op die strand. Die twee liefhebber­s van son en see het onlangs ’n dag lank saam met hul seuns, Sasha en Tristan (4), en dogter, India (6), in die branders baljaar. In ’n stadium het die egpaar, wat vroeg in 2010 begin uitgaan het en in Desember van dieselfde jaar getroud is, na mekaar oorgeleun vir ’n soen.

Chris (35) het onlangs verklap hoe hy en die Spaans gebore Elsa (42) al die jare steeds die vonk aan die brand hou. “Wanneer jy eers kinders het, neem hulle elke oomblik van jou tyd in beslag,” het die Thor-ster aan die Australies­e uitgawe van GQ gesê. “Sorg dus dat jy afspraakaa­nde het, al is dit net af en toe, want die meeste van die tyd is jy net te moeg en sal jy eintlik verkies om te slaap.”

Dit lyk beslis of dit vir hulle werk . . . BRONNE: NEWS.COM.AU, GQ.COM

‘Maak seker jy het afspraakaa­nde, al is dit net af en toe’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa