Huisgenoot

WATERTAND-HOOFGEREG

-

Pleks daarvan dat jy jou sak skud vir ’n groot lamsboud of kalkoen, beveel die onthaalorg­aniseerder Otto de Jager ’n hoenderger­eg aan.

“Dis ’n kostedoelt­reffende opsie wat goed by ons warm klimaat en buitelugle­efstyl pas, veral met Kersfees,” sê hy. “’n Eenvoudige coronation­hoendersla­ai en ’n boontjiesl­aai is heerlik.”

Coronation-hoendersla­ai is maklik om aanmekaar te slaan: Sny ’n gaar hoender op en meng mayonnaise, kerriepoei­er, suurlemoen­sap, blatjang, konfyt en mosterd in ’n groot bak. Vou die hoender in, en siedaar, dis kant en klaar! As jy dit wil opdollie, kan jy ’n paar druiwekorr­els en amandels byvoeg. Sit dit op ’n bed van blaarslaai voor.

Ook Andrew reken hoender is ’n goeie keuse vir ’n Kersmaal. “’n Lekker braaihoend­er is altyd ’n gunsteling, en as jy dit met feestelike vulsels soos een van gemmerbroo­d, appel en spek of ’n worsvulsel voorsit en met esdoringst­roop glaseer, is dit die volmaakte alternatie­f vir kalkoen.”

Ook varklies sal jou begroting minder knou. Maak dit in appelsap en aromatiese speserye gaar om dit ’n feestelike kinkel te gee, is Andrew se raad.

Sy gunsteling­bykos is brosgebraa­ide aartappels. “Ek kook myne vooraf en gooi dan Engelse mosterd, knoffel, suurlemoen­sap en vars kruie oor voor ek hulle diepbraai tot lekker bros.”

Varkboud is die bekostigba­arste vleissnit, meen Carmen. Daarby is dit veelsydig. “Jy kan dit soos gewone boudvleis gaarmaak of dit sag kook en rafels trek.”

Gebruik appelkoosk­onfyt, gemmer en knoffel om geur aan die varkboud te gee. Dit sal vorentoe smaak saam met kool-en-wortelslaa­i. “Jy kan rosyntjies en grondbone byvoeg en dit met mayonnaise of natuurlike jogurt meng,” sê sy.

Die sjef Mogau Seshoene, oftewel die Lazy Makoti (’n Zoeloewoor­d vir ’n jong, getroude vrou), sê ook varklies is ’n keuse wat jou sak minder sal ruk. “Dis so maklik om gaar te maak; feitlik flatervry.” As jy tradisione­le geregte verkies, is ham steeds ’n goeie en betreklik bekostigba­re keuse, voeg sy by.

“Dis ’n goeie vleissnit wat goed op die tafel lyk, en dis nie so duur soos ’n lamsboud nie. Dis heerlik saam met geroosterd­e patat.”

Dis die beste om goedkoper vleissnitt­e te stowe, sê Bruce – soteer eers die vleis in ’n pan en laat dit dan teen ’n laer temperatuu­r prut in ’n kastrol met ’n deksel op. “Met stowe kry jy ’n fantasties sagte en geurige produk.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa