Huisgenoot

Elton verlang steeds na Freddie

-

Elton John het aan die “folterende” laaste maande van Freddie Mercury se lewe en sy eerste Kersfees sonder hom teruggedin­k in ’n uittreksel uit sy 2013-boek, Love Is the Cure: On Life, Loss and the End of AIDS, wat onlangs weer opgediep is.

Elton (71) skryf dit was ondraaglik om Freddie in die laaste jare van sy lewe te sien agteruitga­an en voeg by sy liggaam was met Kaposi-sarkoomlet­sels oortrek. “Hy was byna blind. Hy was te swak om eens te staan.

“Na regte moes Freddie die laaste dae net oor sy eie gemak besorg gewees het. Maar dit is nie wie hy is nie. Op Kersdag het ek gehoor Freddie het vir my ’n laaste blyk van sy onbaatsugt­igheid agtergelaa­t,” skryf die Rocketmans­anger oor sy vriend wat in November 1991 oorlede is.

“Ek slof mistroosti­g rond toe ’n vriend by my deur opdaag en vir my iets oorhandig wat in ’n kussingslo­op toegedraai is. Ek k maak dit oop, en binne is ’n skildery deur een van my gunsteling­kunste- gkunstenaa­rs, die Britse skilder Henry Scott Tuke. Met ’n briefie van Freddie aan die voorkant.

“Jare tevore het ek en Freddie troetelnam­e vir mekaar gehad – ons fopdosser-alter ego’s. Ek was Sharon en hy was Melina. lina. Freddie se briefie lui: ‘Liewe Sharon, ek het gedink jy sal hiervan hou. Liefde, Melina. Geseënde Kersfees.’ ”

 ??  ??
 ??  ?? Van links is Elton John in 1977 saam met die musikante Peter Straker en Freddie Mercury.
Van links is Elton John in 1977 saam met die musikante Peter Straker en Freddie Mercury.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa