Huisgenoot

Malinhaaka­f

-

Die Billions-aktrise Malin Akerman (40) en die Britse akteur Jack Donnelly (32) het vroeër dié maand afgehaak nadat hulle ’n jaar lank verloof was. Die twee het op ’n skilderagt­ige strand in Tulum, Mexiko, voor familie en vriende ewige trou aan mekaar beloof. “Hulle was albei kaalvoet en die branders het op die strand gespoel en dwarsdeur die plegtighei­d hul voete natgemaak,” vertel ’n bron. “Dit was ’n volmaakte dag.” Malin was voorheen met die musikant Roberto Zincone getroud. Hulle het ’n seun, Sebastian (6). BRONNE: EONLINE.COM, DAILYMAIL.CO.UK, PEOPLE.COM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa