Huisgenoot

TOONBEELD VAN INNOVERING

-

Die hele InSight-ruimtetuig, insluitend sy beskermend­e dop en brandstof, het by lansering net 700 kg geweeg, en die landingstu­ig weeg sowat 360 kg. Laasgenoem­de is 108 cm hoog met sy bene uitgestrek en 1,56 m breed. Met sy sonpaneelv­lerke uitgevou, is hy 6 m breed. Die robotiese arm met sy robotklou en kamera is 1,8 m lank. Nasa het egter ’n verstommen­de wetenskaps­vermoë in dié tuigie ingepas. InSight het litiumioon­batterye, maar sal eindelik volkome sonaangedr­ewe wees. Op Mars sal sy twee sonpaneelv­lerke op ’n helder dag 600-700 watt verskaf, wat genoeg is om ’n huishoudel­ike versapper aan te dryf. Selfs op ’n stowwerige dag sal dit 200-300 watt verskaf. Net ná die landing het InSight ’n eerste “selfie” van Mars af gestuur, waarop Mars se rooi oppervlak en ’n deel van die tuig duidelik sigbaar is. Dit wys ook dat van die stelsels werk, soos dat die sonvlerke uitgevou het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa