Huisgenoot

Benut jou maskara ten volle

-

STAP 1 Wend een of twee lae maskara van die buitehoek van die wimpers aan. Begin by die wortel en werk boontoe terwyl jy die maskarabor­sel liggies heen en weer beweeg.

STAP 2 Tel sowat 15 sekondes en herhaal die stap hierbo. Wissel dié keer met elke aanwending tussen die oë af. Wend twee tot drie lae aan elke oog se wimpers aan.

STAP 3 Wag nog ’n paar sekondes en wend dan jou maskara aan die wimpers by die oog se binnehoek aan. Begin by die wortel en werk na die punt toe terwyl jy die borsel heen en weer beweeg. Wend twee of drie lae aan.

WENK As jy fyn of kort wimpers het, lig jou boonste lid met jou wysvinger op. Dit sal dit vir jou makliker maak om jou maskara van die wortel af aan te wend – wat jou wimpers voller en langer sal laat lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa