Huisgenoot

Die prinprinse­s, haar nuwe kêrel en die ma van sy kind

Kort ná Eugenie se troue het Beatrice ’n vangs ingekatrol terwyl hy glo nog aan die ma van sy kindkin verloof was

-

DIT kon nie maklik gewees het om toe te kyk hoe haar kleinsus statig kansel toe stap op ’n uitspattig­e koninklike troue wat deur miljoene mense gevolg is terwyl sy saam met haar ma as metgesel op ’n kerkbank sit nie. Toe prinses Beatrice van York dus haar nuwe kêrel bekendstel net weke nadat prinses Eugenie ewige trou voor die kansel beloof het, was haar vriende in die wolke. Want twee jaar nadat die rooikopkon­inklike haar kêrel van 10 jaar die trekpas gegee het, lyk dit of Beatrice eindelik weer liefde gevind het. Haar nuwe kêrel, Edoardo Mapelli Mozzi, lyk op die oog af na ’n heel goeie vangs. Die 35-jarige eiendomsma­gnaat se voorkoms is nes dié van ’n filmster met golwende hare en priemende blou oë – en boonop vloei ’n bietjie blou bloed deur sy are.

Edo, soos sy vriende hom noem, is die seun van graaf Alessandro Mapelli Mozzi, ’n Italiaanse aristokraa­t en Olimpiese skiër, en die Britse sosiale vlinder Nikki Shale.

Edo is ook ’n multimiljo­enêr uit eie reg. Hy het in 2007 die eiendomsma­atskappy Banda gestig, waarvan hy steeds die uitvoerend­e hoof is.

En asof dit nie genoeg is nie, is hy skynbaar ook ’n vrygewige siel. Nadat sy stiefpa, Christophe­r Shale, in 2011 dood is, het Edo Cricket Builds Hope, ’n organisasi­e wat Rwandese kinders sowel as volwassene­s leer krieket speel, in Christophe­r se naam gestig.

Maar wanneer iets te goed lyk om waar te wees, is dit mos dikwels die geval – en Beatrice se enigmaties­e nuwe kêrel is blykbaar geen uitsonderi­ng op dié reël nie.

Edo het glo tot onlangs nog saam met sy Chinees-Amerikaans­e verloofde, Dara Huang (37), en hul tweejarige seun, Christophe­r Woolf – of Wolfie soos hy genoem word – in die spoggerige Bayswater in Londen gewoon.

Aanvanklik is berig dat Edo en Dara, ’n ambisieuse en suksesvoll­e argitek, ses maande gelede uitmekaar is. Maar volgens The Mail on Sunday was Edo aan Dara verloof en het hulle saamgewoon terwyl hy Beatrice die hof gemaak het.

“Edo en Dara was drie en ’n half jaar lank verloof,” het ’n vriend aan die Britse koerant gesê.

“Selfs nadat sy romanse met Beatrice begin het, het hy steeds saam met Dara en hul kind in die gesinshuis gewoon.”

Volgens ’n bron het Dara in Oktober uit hul woonstel getrek “en die tydsbereke­ning spreek boekdele”.

Terwyl Dara weier om oor die drama kommentaar te lewer, is haar ma meer uitgesprok­e.

Ma Lily (69), wat in Florida woon, het aan The Mail on Sunday gesê sy het geen benul gehad Dara en Edo is uitmekaar nie tot haar oudste dogter, Erin, haar daarvan vertel het.

“Ek dink Dara het dit vir my weggesteek,” sê Lily. “Sy wou nie hê ek moes hartseer wees nie. Ek is geskok.”

Volgens Lily slaap Dara, wat gereeld vir werk moet rondreis, nou op ’n vriend se rusbank tot sy ’n nuwe woonstel kan kry, en los sy haar seun by Edo en hul kinderoppa­sser.

Sy gaan saans ná werk na die woonstel terug om Wolfie te bad voor hy gaan slaap, sê Lily. “Dis ’n aaklige situasie.”

“Ek is lief vir Edo. Hoekom het ditdit gebeur? Dit het my in stukke gebreek.” ’N OMSTREDE begin of nie, dit lyk of sake vlot verloop vir die 30-jarige prinses en haar nuwe vryer.

Volgens party gerugte het hulle mekaar eers onlangs ontmoet, maar daar word ook beweer Edo is ’n familievri­end wat Beatrice al jare lank ken. Toe prinses Eugenie in Oktober op ’n spoggeleen­theid by die Windsorkas­teel met die wynhandela­ar Jack Brooksbank (32) afhaak, het Edo haar glo weer raakgeloop.

Die Yorks ken Edo se stiefpa,

Christophe­r, hom Natalia by ongediagno­seerde Nadat die getroud Glastonbur­y-musiekfees (28), Christophe­r, kleuters al toe lank. Edo harttoesta­nd Sy ’n was. en ma, politikus, sy jonger Nikki, weens in gesterf suster, is 2011 met ’n het, haar het Edo het ma, Beatrice waarskynli­k Sarah Ferguson, sy begrafnis daar bygewoon. gesien, saam maar met Sy as het, ’n het vonk niks toe daarvan al tussen gekom hulle nie. ontstaan

Maar om Edo in minder swaarmoedi­ge omstandigh­ede by Eugenie se glansryke, prettige troue weer te sien het die ding gedoen. Daar vat dinge toe behoorlik vlam tussen die pa van een en die agtste aanspraakm­aker op die troon.

Die duifies was so verlief, Beatrice het haar nuwe vryer sommer gou as haar kêrel aan haar ouers, prins Andrew en Fergie, voorgestel. Die twee het glo onlangs hul verhouding bekendgema­ak op ’n makietie wat deur die Indiese staalmagna­at Lakshmi Mittal in Londen gehou is.

“Hulle het dadelik by mekaar aanklank gevind en lekker saamgelag,” het ’n bron aan The Sun gesê. “Hulle was saam met vakansie toe Beatrice hom aan Fergie en Andrew voorstel.

“Dinge beweeg vinnig en dit sal niemand verbaas as hulle binnekort verloof raak nie.”

Trou was nog altyd ’ n prioriteit vir Beatrice, wat in 2016 met haar Amerikaans­e kêrel, Dave Clark, uitgemaak het nadat hulle ’n dekade saam was. Volgens gerugte het die twee hul romanse beëindig nadat Beatrice aan Dave (33), nou ’n uitvoerend­e beampte vir die taxiapp Uber, ’ n ultimatum gestel het: Steek ’n ring aan my vinger of vat die pad.

Dave het laasgenoem­de gekies, maar kort voor lank by ’n ander skoonheid, die New Yorkse advertensi­ehoof Lynn Anderson, vlerkgesle­ep. En die sout is behoorlik in Beatrice se wonde gevryf toe Dave en Lynn in Julie vanjaar op ’n sterbelaai­de strandtrou­e in Italië afhaak.

Edo is die prinses se eerste kêrel sedert sy en Dave uitmekaar is en vriende meen hy is dalk haar trouman.

“Hulle kan moontlik al in 2019 afhaak en almal is verheug dat Beatrice nou so gelukkig is,” voeg die bron by.

AS DAAR wel nog ’n koninklike troue op die horison is, sal Beatrice ’n nuwe titel agter haar naam kan voeg – dié van stiefma.

Met dié dat prins Harry gelukkig met die geskeide Meghan getroud is en prins Charles (70) die stiefpa van sy vrou, Camilla, se kinders, Tom Parker Bowles (43) en Laura Lopes (40), uit haar eerste huwelik is, sal die paleis waarskynli­k nie juis ’n wenkbrou lig nie.

Beatrice, wat vir haar ma se liefdadigh­eidsorgani­sasie Children in Crisis gewerk het en haar vir kinderwels­yn beywer, is vanselfspr­ekend lief vir kinders.

Maar in die lig van die twyfelagti­ge begin van Beatrice en Edo se verhouding is dit onduidelik of sy ’n groot rol in klein Wolfie se lewe sal speel.

’n Paleisbeam­pte het gou vir Beatrice in die bres getree.

“Prinses Beatrice sou haarself nooit toegelaat het om op ’n ander paartjie se geluk inbreuk te maak nie, veral nie waar ’n kind betrokke is nie.”

Romanse en intrige so reg uit ’n koninklike drama . . .

 ??  ??
 ?? Saamgestel deur KIRSTIN BUICK ?? BO: Twee jaar nadat prinses Beatrice van York en haar kêrel van 10 jaar, Dave Clark, uitmekaar is, het sy ’n nuwe man in haar lewe: Edoardo Mapelli Mozzi, ’n eiendomsma­gnaat en multimiljo­enêr (REGS BO).
Saamgestel deur KIRSTIN BUICK BO: Twee jaar nadat prinses Beatrice van York en haar kêrel van 10 jaar, Dave Clark, uitmekaar is, het sy ’n nuwe man in haar lewe: Edoardo Mapelli Mozzi, ’n eiendomsma­gnaat en multimiljo­enêr (REGS BO).
 ??  ?? LINKS: Edoardo het glo saam met sy verloofde van drie jaar, Dara Huang, ’n suksesvoll­e argitek, gewoon toe hy Beatrice die hof begin maak. HEEL LINKS: Edoardo saam met sy seun, Christophe­r Woolf. Dié bly op die oomblik by hom in sy woonstel.
LINKS: Edoardo het glo saam met sy verloofde van drie jaar, Dara Huang, ’n suksesvoll­e argitek, gewoon toe hy Beatrice die hof begin maak. HEEL LINKS: Edoardo saam met sy seun, Christophe­r Woolf. Dié bly op die oomblik by hom in sy woonstel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa