Huisgenoot

Visbraai vir die vakansie

Hier’s ’n visbraaisp­yskaart wat jy gerus in die binneland ook kan maak – vis en ’n seekospot met die lekkerste bykos en vir agterna suurlemoen­tert

- Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: JACQUES STANDER

VIS MET BASILIEBOT­TER EN TAMATIESAL­SA

Die basiliebot­ter het ’n lekker byt en die tamatiesal­sa is heerlik vars saam met die vis.

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 15-20 MIN. (AFHANGEND VAN HOE DIK DIE VIS IS)

BASILIEBOT­TER 20 g basiliebla­re, geskeur 100 g brandrissi­es, fyngesny 3 cm-stuk gemmerwort­el, geskil en in stukke gekap sowat 6-8 knoffelhui­sies, geskil en gekap 250 g botter sap en skil van 1 suurlemoen ’n knippie sout en swartpeper TAMATIESAL­SA 30 ml (2 e) olyfolie 1 rooi-ui, gekap 4 knoffelhui­sies, gekap 375 ml (1½ k) verskeiden­heid babatamati­es, gehalveer sout en peper ’n hand vol vars koljanderb­lare, gekap VIS 1 groot heel vis (geelstert of snoek), skoongemaa­k en gevlek (behou stert) sout en peper VOORSIT

ekstra skyfies suurlemoen

1 Basiliebot­ter Kap al die bestanddel­e buiten die botter in die voedselver­werker fyn. Voeg die botter by en meng goed. Rol in ’n rolletjie en vries.

2 Tamatiesal­sa Meng al die bestanddel­e en plaas in ’n flessie.

3 Vis Spuit ’n rooster goed met kossproei. Plaas die vis met die velkant na onder op die rooster. Sny die botter in skyfies en plaas ruimskoots bo-op die vleiskant van die vis. 4 Plaas hoog bo stadige kole (jy moet jou hand so 10 tellings daaroor kan hou) en braai tot die vleis wit en nie meer glaserig is nie, sowat 15 min. Plaas nog botterskyf­ies op soos nodig en verf die gesmelte botter van tyd tot tyd oor. 5 Maak die rooster toe en draai die vis om; verf die velkant ook met botter. Braai sowat 2 min. tot die vleiskant net effe geskroei is, draai om en braai net weer vinnig aan die velkant. 6 Plaas die vis op ’n bord en skep van die salsa bo-oor.

7 Voorsit Sit voor saam met ekstra skyfies suurlemoen.

 ??  ??
 ??  ?? Verf mielies met basilie-brandrissi­ebotter en braai tot gaar. Sit voor saam met die vis.
Verf mielies met basilie-brandrissi­ebotter en braai tot gaar. Sit voor saam met die vis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa