Huisgenoot

Talana Vuren gesels oor haar nuwe enkelsnitk­elsnit en blink toekoms ná die letsels van die verlederle­de

Al dra sy die letsels van die verlede, wink ’n blink toekoms vir dié sangeres. Met ’n nuwe enkelsnit op iTunes én ’n ring aan haar vinger kan dit ook nie anders nie

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

Haar lewenspad

Die Afrikaanse musiekwêre­ld was vier jaar gelede geskok toe bewerings in die media verskyn dat Talana by wilde partytjies dwelms gebruik. Sy was toe nog lid van die vrouepopgr­oep Mwah!, met ’n stroopsoet beeld.

“Dit was een van die moeilikste, maar ook beste, besluite wat ek geneem het om die groep in die middel van 2014 te verlaat om op ’n sololoopba­an te fokus,” vertel die 24-jarige sangeres.

In haar jongste enkelsnit, Deur die Vure, vertel sy hoe sy deur die vuur moes loop om haarself weer te vind en gesond en sterk te word.

“Ek moes hoop en genesing vind, maar vandag is ek hier. Die liedjie is ook bedoel om hoop te bring vir ander wat nou vure in hul eie lewe probeer blus.”

Dit is ook die tema van haar eerste rste enen kelsnit en treffer, Oorlog, wat verlede jaar uitgereik is. “Dit is my

fight song met die boodskap jy moet vasbyt en aanhou, maak nie saak wat jou omstandigh­ede is nie.”

Die liedjie is opgeneem op haar r debuut album van 2017, My y Hart Se Kunswerk, wat vir drie e Ghoemas benoem is.

Motivering­spraatjies

Benewens haar sangloopba­an tree e Talana deesdae ook by veral hoërskole skole as motivering­spreker op.

“’n Mens kan nie vir ’n tiener voorskryf wat om te doen nie. Jy kan maar net jou eie storie met hulle deel, waarna hulle hul eie besluite moet neem,” sê sy.

“Ek vertel vir hulle ek het my vingers in baie vure verbrand, maar ek moes daardeur gaan sodat ek die mens kon word wat ek vandag is.”

Sy voel God het haar ’n pad laat stap sodat sy nou ander kan help.

Tog erken sy sy dra steeds die letsels. “My verlede gee my nog nagmerries en ek sal nooit die veroordeli­ng en verwerping vergeet waardeur ek moes gaan nie. Dan vra ek my gehore: ‘Is dit waardeur jy wil gaan? Moenie, want dis nie lekker nie!’ ”

Talana het ook die afgelope jaar motivering­srubrieke vir die vrouetydsk­rif Bloss geskryf.

Liefde, trouringe en die toekoms

Teen druktyd het sy uitgesien na haar troudag aan die einde van November in Pretoria. Sy trou met Walter Kuhn (32), ’n ouditeur. “Hy is ’n rou Duitser, maar my Duits is goed genoeg dat die skoonfamil­ie nie voor my sal kan skinder nie,” skerts sy.

Ná ’n “geheime wittebrood” gaan die egpaar hulle in Pretoria vestig.

Met hul terugkeer wil Talana volstoom aan ’n nuwe album werk wat vroeg volgende jaar uitgereik sal word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa