Huisgenoot

Topvideosp­eletjies vir die Kerskous

Dié top videospele­tjies is net wat jy op jou Kersfees wens lys moet hê

- Deur GARETH SEILER

Red R Dead Redemption 2 *****

PS4, P Xbox One Spelers noem Rockstar se jon jongste uitreiking in die Red Deadfranch­ise reeds die speletjie van die jaar en die beste oopwêrelds­peletjie wat al gemaak is. En nadat ek meer as 100 uur van die speletjie gespeel en die storie voltooi het, kan ek ook my mening lug.

RDR2 se wêreld het geen gelyke wat diepte betref nie. Die grafika is asemrowend en die uitgestrek­te kaart ’n vreugde om te deurkruis.

Om elke draai is iets nuuts om te ontdek en te sien. Die karakters voel of hulle behoort, niks is uit plek nie en van die beste interaksie­s in die speletjie kom in die vorm van sysendings, klein oomblikke met ander karakters en lukrake gebeure wat buite in die wêreld plaasvind.

Red Dead Redemption 2 is eintlik ’n voorloper tot Red Dead Redemption. Dit volg die storie van Arthur Morgan, ’n voëlvryver­klaarde en lid van ’n berugte bende onder leiding van Dutch van der Linde, die hoofantago­nis van die eerste speletjie.

Die storie is ongelukkig een van die gebiede waar RDR2 nie heeltemal die hoogtes bereik wat deur ander dele van die speletjie gestel word nie. Dis ’n meestal liniêre en voorspelba­re affêre wat wel ’n paar uitstaanoo­mblikke het, maar niks wat te onvergeetl­ik of vindingryk is nie.

Die kern-speelervar­ing is meestal wat ons van Rockstar-speletjies verwag en die skietspel voel baie soortgelyk aan hul vorige uitreiking, Grand Theft Auto 5. Dit is stadig, lomp en steun swaar op ’n outo-mikstelsel.

Beweging is ook stadig, en dit kan voel of jou knoppie-insette eerder ’n voorstel is oor waar Arthur moet gaan as ’n direkte kontroleme­ganisme.

Maar daar’s ’n rede waarom die speletjie so voel. Danksy die sorgsame animasie is dit soos om na ’n goed vervaardig­de rolprent te kyk. Arthur beweeg soos ’n regte mens wat in die wêreld geanker is, en so ook al die ander karakters. Die aandag aan detail in dié aspek oortref enigiets wat al voorheen gesien is.

Karakters het unieke maniertjie­s en kenmerkend­e maniere van stap. Elke enkele voorwerp en mens in die speletjie lyk uniek en die kunsregie is op ’n standaard wat nog nie voorheen in ’n speletjie gesien is nie.

Alles in RDR2 neem tyd. Jy sal in werklike tyd hout kap, in werklike tyd sakke graan in die kamp heen en weer dra en in werklike tyd slukke koffie uit jou beker drink.

Red Dead 2 is egter die beste wanneer dit teen dié stadiger pas gespeel word. Dis ’n cowboy wat op ’n perd se rug oor ’n vlakte voortslent­er, nie ’n hoëspoedwe­dren van geweervuur na die einde toe nie. My tyd wat ek in die wêreld van Red Dead Redemption 2 deurgebrin­g het, is nie iets wat ek gou sal vergeet nie. Die speletjie doen baie om die speler in te trek en sy belangstel­ling te behou in absoluut alles wat in die wêreld aangaan.

Ek kan nie sê ek het pret gehad in Red Dead 2 nie, maar wat ek wel kan sê, is dat ek ’n ervaring gehad het wat anders is as enigiets wat enige ander speletjie kon oplewer.

Dit is vir my onmoontlik om nie die speletjie as ’n moetkoop aan te beveel nie.

WWE 2K19 ***

PS4, Xbox One

WWE 2K19 voeg baie verbeterin­gs by die kern van verlede jaar se speletjie, maar voel op die ou end grotendeel­s dieselfde. Van die openingsto­neel is dit duidelik vanjaar se herhaling maak staat op aanhangers se nostalgie vir die gloriedae van die WWE.

Die speelervar­ing is presies wat liefhebber­s in die laaste tyd van WWE-speletjies verwag. Die pas van die stoei is stadig en metodies, maar wanneer sake wel intens raak, kan dit baie moeilik wees om die aksie te volg. Nuwe toevoeging­s soos die terugbetaa­lstelsel gee die speler ’n tweede, spesiale vermoë om die verloop van ’n wedstryd te verander, soos ’n kitswengre­ep of vinnige herstel wat wedstryde vars hou. Die Towersmodu­s laat spelers hul geskepte stoeiers gebruik om ’n verskei- denheid uitdagings in ’n enkele wedstryd of deur ’n leerstelse­l aan te pak en tot bo te vorder.

Die 2K Showcase-modus maak ’n terugkeer met ’n aksiebelaa­ie lopie deur Daniel Bryan se eksklusiew­e arenas en wedstryde wat sonder twyfel die vermaaklik­ste kenmerk van die nuwe speletjie is. Dit gee ook ’n kykie agter die skerms na Daniel Bryan se stoeiloopb­aan.

In die geheel is WWE 2K19 ’n baie vermaaklik­e speletjie as jy tyd wil verwyl deur informeel met effense mededingen­dheid te speel.

– Azeemud-Deen Jacobs

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa