Huisgenoot

Aanhou baklei gee SA pa’s gesinsverl­of

Hendri het vier jaar geveg om 10 dae ouerskapsv­erlof in SA te laat wettig vir ouers wat nie kraamverlo­f kry nie

- Deur MARELIZE POTGIETER Foto’s: CORRIE HANSEN

DIT was sy blonde tweelingse­uns se potblou oë wat hom heeltyd dophou. Dít het hom laat vasbyt in die stryd wat vir talle ander na ’n onbegonne taak gelyk het. Want danksy Hendri Terblanche (42) se toewyding aan sy seuntjies is ouerskapsv­erlof van 10 dae nou vir die eerste keer wet in Suid-Afrika. “Jy kan nie iets begin en dan halfpad ophou nie. Ek kan nie my seuns ’n les leer as ek nie self met iets kan volhou nie,” verduideli­k die Kaapse pa.

Ná vier jaar van vasbyt en volhou het sy pogings om die wet in Suid-Afrika te wysig eindelik vrugte afgewerp. Op 23 November vanjaar het pres. Cyril Ramaphosa die Wysigingsw­et op Arbeidsver­houdinge onderteken – en dit bepaal dat die ouer wat nie vir kraamverlo­f kwalifisee­r nie nou 10 opeenvolge­nde dae ouerskapsv­erlof kry wanneer ’n kind gebore word.

Dit beteken dat een ouer vir vier maande se kraamverlo­f kwalifisee­r en die ander een 10 dae ouerskapsv­erlof kan kry, en nie meer net drie dae gesinsvera­ntwoordeli­kheidsverl­of nie. In albei gevalle kan die werknemer tot 66% van sy salaris van die Werklooshe­idsverseke­ringsfonds eis indien dit binne die salarisdru­mpelbedrag van sowat R210 000 per jaar is.

Vir Hendri was die tydsbereke­ning be- sonder gepas, want net die volgende dag het hy en sy vrou, Giselle (39), hul tweeling se verjaardag gevier. Klein Juandré en Danté is nou vyf jaar oud.

“Ons het ’n wynplaas besoek waar die kinders kon speel,” vertel Hendri en glimlag sag. “Ons het lekker partytjie gehou.”

Ons ontmoet die lang blonde man wat beskermend oor sy twee seuns waak by Danté se Snap-skool ( Special Needs Adapted Programme) in Durbanvill­e in Kaapstad se noordelike voorstede.

Die skool spesialise­er in onderrig vir kinders met outisme en was vir Hendri en Giselle ’n hawe toe hulle agterkom Danté ontwikkel nie teen dieselfde pas as sy tweelingbr­oer nie.

“Tot op omtrent twee jaar kon hy net ’n paar woorde sê. Hy het ’n hoë pyndrempel en ek het hom altyd leer ‘eina’ sê, maar toe die simptome van outisme inskop, het hy soos ’n posbussie geword: Jy sit die koevertjie in, maar niks kom uit nie.”

Hendri het gevra dat ons hier ontmoet, anders kan die twee ’n handvol raak.

Die boeties sit rustig om ’n tafeltjie en speel, onbewus van die berge wat hul pa versit het om ’n samelewing te help skep wat vir almal beter is.

“Pa’s wil betrokke wees,” sê Hendri. “Maar wanneer jou drie dae gesinsvera­ntwoordeli­kheidsverl­of met die geboorte van jou kind verby is, moet jy jou gewone verlof gebruik. Dit lei daartoe dat baie pa’s nie hul verpligtin­gs kan nakom nie.

“Dis ’n groot voorreg om ’n ouer te wees, maar ook ’n groot verantwoor­delikheid. ”

HENDRI se stryd het begin toe die tweeling op 26 weke sowat drie maande te vroeg gebore is. Hy en Giselle moes weke lank in die hospitaal se neonatale eenheid deurbring en daar het Hendri vir die eerste keer besef ander ouers is nie so gelukkig soos hy nie, want sy werkgewer was tegemoetko­mend. Hy kon fleksie-ure werk om meer tyd in die hospitaal deur te bring.

Hendri is ’n finansiële bestuurder by die dataverwer­kingsmaats­kappy Medpages en spreek jou met ’n baie beleefde “u” aan. Hy het vandag ’n netjiese kraaghemp en jeans aan by plakkies wat hy saam met sokkies dra, maar met dié aangename en vriendelik­e uiterlike kan jy jou maklik misgis. Dit verberg ’n ysere wil wat van hom ’n aanhouer en uithouer by uitstek maak.

Toe hy ná die tweeling se geboorte met ander ouers praat, het hy besef pa’s het ’n groot behoefte aan meer tyd saam met hul pasgebore kinders. Later het hy besef dit moet in die vorm van volwaardig­e ouerskapsv­erlof wees. Die rekenmeest­er het dus ’n plan beraam en aan die werk gespring.

In Junie 2014 het hy sy veldtog af-

geskop met nie minder nie as 400 persoonlik­e lk e-posse aan indi- d viduele parlements­lede (LP’s).

Hierin het hy ’n versoek aan hulle gerig om nuwe wetgewing aan die parlement voor te lê sodat 10 dae ouerskapsv­erlof ingestel word.

Daarna het hy op 3 Julie 2014 ’n soortgelyk­e versoekskr­if aan Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), gerig.

“Die e-posse aan LP’s was omtrent ’n storie en het tyd geverg,” lag hy. “Ek moes op elkeen se internetbl­ad ingaan, die e-posadres kopieer-en-plak en dan die naam insit. Uit almal het net ’n paar gereageer.

Maar Hendri het elke antwoord en ontwikkeli­ng opgevolg en “elke keer wanneer nuwe inligting beskikbaar is dit weer vir hulle gestuur om hulle verantwoor­dbaar te hou”.

Hy het sommer soggens drieuur al begin vuurmaak onder diegene wat veronderst­el is om dinge te laat gebeur. “Gelukkig is ek altyd vroeg uit die vere,” vertel hy.

Een van die LP’s wat wel vir hom teruggeskr­yf het, was Cheryllyn Dudley van die African Christian Democratic Party. Haar optrede was deurslagge­wend vir Hendri se eindelike sukses. Sy het die voorstel in Oktober 2015 as ’n privaatlid­wysigingsw­et aan die parlement voorgelê. Dit verwys na ’n wet wat deur ’n lid van die parlement voorgelê is en nie soos gewoonlik deur ’n portefeulj­ekomitee of ’n kabinetsli­d nie. Volgens haar was sy al ’n geruime tyd bewus van die behoefte aan ouerskapsv­erlof en het sy reeds ondersoek daarna begin instel.

Ná al die amptelike prosesse, byvoorbeel­d al die openbare deelname wat moes plaasvind, is die wet eindelik in November 2017 deur die Nasionale Vergaderin­g en in Augustus vanjaar deur die NRP goedgekeur. In November is dit deur die president onderteken.

Cheryllyn het die oorwinning as “histories” beskryf omdat dit die eerste pri- vaatlidwys­igingswet is wat deur die NRP sowel as die nasionale vergaderin­g goedgekeur is.

Hendri erken dit was beslis nie maklik om te midde van talle administra­tiewe uitdagings aan te hou nie. Maar ná vier jaar van honderde e-posse, opvolg-e-posse, oproepe en navrae aan belanghebb­endes was sy pogings eindelik suksesvol.

Hy is gelukkig dat sy vrou, wat vir die departemen­t landbou se kommunikas­ieafdeling werk, hom ondersteun het. “Ek kan met haar oor enigiets praat en sy speel graag duiwelsadv­okaat. Haar grootste kommer is produktiwi­teit en mense wat te veel verlof neem.”

Maar Hendri is oortuig: “Ek glo as die werkgewer na sy werknemers kyk, sal hulle na die werk kyk.”

Sy gedagtes dwaal weer na sy seuns toe hy aan die afgelope paar jaar se stryd dink.

“Die groot probleem is dat mense nie genoeg deursettin­gsvermoë het nie,” sê Hendri. “Hulle gooi te gou tou op.”

Gelukkig was hy nog altyd met vasberaden­heid geseën, vertel hy: “Ná die tweeling se geboorte het ek vir die Comrades ingeskryf, maar ek kon nie genoeg oefen nie. Alles was klaar betaal, so ek het besluit om dit in elk geval te doen. “Ek het so swaargekry.” Hy skud sy kop. “Ek het later gestap, want ek kon nie meer nie. Die laaste van die laaste mense het my verbygegaa­n, maar ek het die afsnypunt met twee minute oor gemaak. ’n Mens blaas nie die aftog nie; jy hou uit tot die einde.”

Hendri meen sy vermoë om vooraf die eindresult­aat van iets te visualisee­r help hom ook. “En ek kan sien watter prosesse moet plaasvind om daarby uit te kom. Soms kry jy struikelbl­okke, maar dan moet jy om hulle, oor hulle of onderdeur hulle kom. ”

DIÉ strydrospa is nie van plan om nou terug te sit nie en het ’n ruk gelede reeds met ’n nuwe veldtog begin. Dié keer beywer hy hom vir ouerversor­gingsverlo­f. Sy skoonma, Alice Bruwer, is vroeër vanjaar aan borskanker oorlede en dit het hom opnuut laat besef hoe belangrik dit is dat jy by jou geliefdes moet wees in so ’n moeilike tyd. Daarby ly sy pa, Japie, aan parkinsons­iekte en sy ma, Susan, aan meervoudig­e sklerose.

Hy vra dat wetgewing gewysig word deur die definisie van gesinsvera­ntwoordeli­kheidsverl­of uit te brei sodat jy dit ook kan neem wanneer jou ouer, aanneemoue­r of grootouer siek of sterwend is. Op die oomblik behels gesinsvera­ntwoordeli­kheidsverl­of dat jy drie dae kan neem wanneer jou kind siek is of vir die geval dat jou wederhelft­e, lewensmaat, ouer, grootouer, kind, kleinkind of sibbe sterf. As alternatie­f vra hy dat ’n nuwe wet oor ouerversor­gingsverlo­f geskep word. Met ’n vasbeslote glimlag sê hy: “Dis net nog ’n poging om gelykheid en balans in die samelewing te herstel.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Hendri Terblanche saam met sy tweeling- ngseuns, Juandré (links) en Danté. REGS: Hendri wil sy seuns leer dat jy nie net kan handdoek ingooi wanneer jy sukkel nie.
HOOFFOTO: Hendri Terblanche saam met sy tweeling- ngseuns, Juandré (links) en Danté. REGS: Hendri wil sy seuns leer dat jy nie net kan handdoek ingooi wanneer jy sukkel nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa