Nuutste Marstuig steek sy voelers uit
Dit Di was ’n enorme prestasie toe to InSight onlangs op Mars land lan om lig te werp op gebeure be miljarde jare gelede
DIE spanning in die Nasa-beheersentrum was byna ondraaglik terwyl die vlugbeheerder die meters tot by landing aftel. Toe sy oplaas “Landing bevestig!” roep, het pandemonium uit pure verligting losgebars. Vir die ruimtewetenskaplikes en -ingenieurs wat in Pasadena, Kalifornië, gevolg het hoe die tuig InSight Mars se oppervlak nader, was dié suksesvolle landing op 26 November vanjaar die beloning op dekades se werk en noukeurige voorbereiding.
Daar was so baie op die spel: Dit kon die triomfantelike begin van ’n nuwe fase in ruimteverkenning inlui of in wrakstukke in Mars se rooi stof eindig. Wat hulle wel met sekerheid geweet het, is dat dit uiters moeilik is om enigiets op die planeet met sy dun atmosfeer en stofstorms te laat land.
Net om dié robotiese Marsbewoner te kry waar hy nou is, was dus reeds ’n enorme ingenieursprestasie.
Wat gaan InSight nou vir die volgende Marsjaar, meer as twee aardjare, miljoene kilometers ver doer op die vierde plane planeet vanaf die son doen?
Satelliete en enkele verkenningstuie kon uit beeldmateriaal en monsters van die planeet se oppervlak inligting oor Mars verskaf – data oor sy atmosfeer, wentelbaan, spore van water en vulkane; ook dat dit moontlik is dat daar in die verre verlede dalk lewe op die planeet was.
Met Mars InSight word een van sy groot raaisels nou vir die eerste keer gepak: Wat skuil geologies gesproke onder sy oppervlak?
Dié robotiese tuig is vindingryk toegerus om diep binne Mars te kyk. Eindelik sal die sending wetenskaplikes help verstaan hoe Mars en ander rotsagtige planete soos die aarde en potensieel bewoonbare planete gevorm is en verander het. Dit sal groter begrip bring van prosesse van 4,5 miljard jaar gelede toe ons sonnestelsel nog jonk was.
Onder meer sal skuddings op ’n ander planeet vir die eerste keer gemonitor word; ’n selfbeheerde “meganiese mol” sal die planeetkors diep binnedring; ’n seismometer sal direk op sy oppervlak gebruik word; en dis die eerste ruimtetuig op ’n ander planeet wat ’n robotiese arm inspan om instrumente op te tel.