Grysaard bieg oor amper 100 moorde
Amerika se vermoedelik grootste reeksmoordenaar vertel sonder berou hoe hy amper 100 vroue vermoor het
DIE grys ou man wat in sy rolstoel vooroor gebuig sit, lyk nie juis gevaarlik nie, maar moenie dat dit jou flous nie. Samuel Little is moontlik die reeksmoordenaar met die meeste slagoffers in die Amerikaanse geskiedenis.
Hy is al vier jaar agter tralies terwyl hy lewenslange vonnisse vir die moorde op drie vroue in die 1980’s in Los Angeles uitdien. Maar as die nuwe bewerings waar is – en sekere voorste forensiese kenners in Amerika meen dit is – is dit maar die puntjie van die ysberg van Little se moordtog.
Die 78-jarige voormalige bokser beweer hy het 90 moorde oor die land heen gepleeg voor hy destyds vir die drie moorde aangekeer is.
Sy skokkende bewerings is onlangs deur die owerhede onthul en bring dalk afsluiting vir families wat dekades lank in die duister was oor wat met hul geliefdes gebeur het.
Little word al maande lank in ’n onder- vragingsvertrek in ’n gevanangenis in Texas saam met die Amerikaanse speurdiens ns (FBI) en ondersoekers van an oral in Amerika afgesonder er terwyl hy in die fynste beesonderhede – en sonder ’n greintjie berou – beskryf yf hoe hy amper 100 vroue ue vermoor het.
Sy modus operandi het et selde afgewyk. Sy slagoffers rs was kwesbare vroue, dikkwels prostitute en dwelmmslawe wat hy in kroeë en op p straat opgepik het.
Eers het hy sy slagoffer r met brute krag oorweldig g – hy het een so hard met t die vuis in die maag geslaan aan dat hy haar rug gebreek het – voor hy h hulle ll verwurg en die lyk weggegooi het.
Al staan hy 80 se kant toe, sê die owerhede Little kan die grusame detail goed onthou – watter motor hy bestuur het, hoe die vroue gelyk het en waar hy van hul lyke ontslae geraak het, onder meer in ’n as- d drom, ’ ’n garage en onder d ’ ’n pekanboom. k b
Die ondersoekers sê Little praat meestal saaklik en soms lag hy.
“Ander kere praat hy vinnig en met soveel opgewondenheid dat hulle sukkel om sy woorde te verstaan,” skryf Timothy Williams van die New York Times.
Little se skielike bekentenis is nie ’n begeerte om naby die einde van sy lewe vir sy sondes te boet nie; dit het meer daarmee te make dat hy die Ectordistriksgevangenis in Texas verkies. Hy is daarheen oorgeplaas op voorwaarde dat hy met die owerhede praat.
Boonop lyk dit of Little, wat deur speurders as ’n “charismatiese psigopaat” beskryf word, heel trots op sy verlede is.
“Ondervraers sê dit lyk asof hy die aandag geniet terwyl hy besonderhede opnoem wat net ’n moordenaar kan weet nadat hy dit dekades lank met niemand bespreek het nie,” sê Timothy.
Teen ons druktyd het die owerhede ’n verband gekry tussen Little en 30 van die moorde wat hy onlangs erken het.
As almal bevestig word, het Little amper dubbel soveel mense as die Green Rivermoordenaar, Gary Ridgway, vermoor. Dié het met 49 slagoffers die meeste skuldigbevindings aan moord in Amerika.
“Teen die tyd dat ons klaar is,” sê Bobby Bland, ’n distriksprokureur, “verwag ons Samuel Little sal as die produktiefste reeksmoordenaar in Amerika bevestig word.”
LITTLE het sy ma al as ’n prostituut beskryf en is deur sy ouma in Ohio, Amerika, grootgemaak. Hy het reeds in sy vroeë tienerjare met die gereg gebots. Nadat hy op hoërskool uitgesak het, het hy werk in ’n begraafplaas en as ’n ambulansdrywer gekry, maar nooit lank op een plek gebly nie.
Jare lank het hy van die een staat na die volgende gery, winkels besteel en sy buit uit die kattebak van sy motor verkoop. A Agterna het hy vroue uitgesoek.
“Dit was diefstal bedags, moord snags,” sê Mitzi Roberts, ’n speurder van Los Angeles wat aan sy driedubbele moordsaak gewerk het. “Ons het heeltyd vir ander polisiedepartemente probeer sê: ‘Dié gewelddadige aanvaller is in jou agterplaas; j jy wil hom dalk ondersoek . . .’ ”
Al is hy amper 100 keer in hegtenis geneem, meestal op aanklagte van aanranding en diefstal, het Little nie meer as twee en ’n half jaar in die tronk deurgebring nie.
“Hy het keer op keer losgekom,” sê Beth Silverman, ’n aanklaer van die Los Angeles-distrik. “Agentskappe oor die land heen het met dié saak foute gemaak.”
In die laat 1980’s is die lyke van Carol Alford, Audrey Nelson en Guadalupe Apodaca onderskeidelik in ’n steeg, ’n vullisdrom en ’n verlate kommersiële garage in Los Angeles aangetref. Maar DNS-bewyse het Little eers in 2012 met die moorde verbind.
In 2014 is hy eindelik voor die gereg gebring en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy is in ’n gevangenis in Los Angeles opgesluit tot die FBI se program vir die inhegtenisneming van gewelddadige misdadigers (ViCAP) in Little se geskiedenis begin krap en ’n onheilspellende patroon bespeur het.
“Ons het ’n saak in Odessa, Texas, gekry wat baie soos hy geklink het,” sê Christina Palazzolo, ’n misdaadontleder by ViCAP. “Ons kon hom plaas dat hy in dieselfde tyd deur die gebied beweeg het.”
Die geval was dié van Denise Christie Brothers (38), wie se verwurgde lyk in 1994 op ’n oop erf in Texas aangetref is. Die staatspolisie van Texas, wat lankal hoop laat vaar het om Denise se moordenaar op te spoor, het beampte James Holland na Los Angeles gestuur om met Little te praat. En nadat Little ’n ooreenkoms aangegaan het dat hy na die tronk van sy keuse oorgeplaas word, het hy met die sak patats vorendag gekom.
LITTLE het ook die moord op die 24-jarige Melissa Thomas beken. Haar naakte lyk is in 1996 onder ’n pekanboom in ’n begraafplaas agter ’n kerk in Opelousas, in die Amerikaanse deelstaat Louisiana, aangetref. Met walglike duidelikheid het Little aan speurder Crystal LeBlanc van Opelousas vertel hy het Melissa op straat ontmoet en hulle het na die nabygeleë begraafplaas gery om dwelms te gebruik. Toe hulle na die agtersitplek skuif om seks te hê, het hy haar nek begin streel en Melissa het bang geraak, vertel Crystal.
“Hy sê sy het gevra: ‘Hoekom vat jy heeltyd aan my nek? Is jy ’n reeksmoordenaar?’ ”
Die owerhede meen Little se moorde was seksueel gemotiveerd, maar volgens Beth neem hy aanstoot as jy hom ’n verkragter noem.
Hoewel sy semen aan party van sy slagoffers gekry is, beweer Little hy het erektiele probleme en het hulle nie verkrag nie.
“Die manier waarop hy seksuele bevrediging kry, is tydens die verwurging,” sê LeBlanc.
Die FBI sê Little, wat aan diabetes en ’n hartsiekte ly, sal waarskynlik tot met sy dood in Texas in die gevangenis bly.
“Die doel is nou om sy slagoffers te identifiseer en afsluiting en geregtigheid in onopgeloste sake te bied,” sê hulle in ’n verklaring.
Elke speurder, FBI-agent en prokureur wat in die onderhoudvertrek ingestap het om een van Little se stories te hoor, is dit oor een ding eens.
“Jy sit saam met boosheid in sy suiwerste vorm,” sê sers. Michael Mongeluzzo van die distrik Marion.
Tim Marcia, ’n speurder van Los Angeles, beaam: “Ek het in sy oë gekyk en suiwer boosheid gesien.”