Huisgenoot

Poppins betower weer ná dekades

Die wêreldse gunsteling­kinderoppa­sser betower weer in ’n opvolgflie­k van die 1964-treffer

- Saamgestel deur SANDY COOK BRONNE: CINEMABLEN­D.COM, SLASHFILM.COM, GLAMOUR. COM, DEADLINE.COM, VOGUE.CO.UK, HELLOMAGAZ­INE.COM, SCREENRANT.COM, OHMY.DISNEY.COM, CNET.COM

SY’S al dekades lank die bekendste kinderoppa­sser ter wêreld – en sy’s binnekort terug om ’n nuwe generasie

al singend te leer: A spoonful of sugar helps the medicine go down.

Sy is natuurlik Mary Poppins, en eersdaags maak sy in ’n heel nuwe gedaante weer ’ n draai op die silwerdoek in die opvolgflie­k Mary Poppins Returns. Dié fliek gaan sommer super c al i f ra gil i st i c ex pi a lido c i ou s wees, voorspel die handjievol Hollywoodg­rootkoppe en rolprent verspreide­rs wat dit reeds gekyk het.

Die oorspronkl­ike 1964-trefferfli­ek het ’n internasio­nale ster van Julie Andrews, destyds se Mary, gemaak. Dié keer daal die aktrise Emily Blunt uit die wolke neer om dinge in ’n deurmekaar huishoudin­g te kom regruk.

Maar al klink dit dalk moeilik om aan Mary te dink as enigiemand anders as die mooi Julie met daardie potblou oë van haar, voorspel ingeligtes die nuwe Mary gaan ewe oorrompele­nd wees.

“My gunsteling­fliek van die jaar,” het een van die bevoorregt­es wat die fliek reeds gekyk het, laat hoor. “Ek het grootgewor­d met Mary Poppins, en die opvolg het my verwagting­s heeltemal bevredig.”

DIE NUWE STORIE

Dit trek weg in Londen in die Depressiej­are, 25 jaar nadat die storie in die oorspronkl­ike fliek in Eduardiaan­se Londen afgespeel het.

Die Bankskinde­rs, Jane (Emily Mortimer) en Michael (Ben Whishaw), is nou grootmense.

Michael woon saam met sy drie kinders en hul huishoudst­er, Ellen ( Julie Walters), in die huis in Cherry Tree Lane waar hy en Jane grootgewor­d het.

Toe Michael sy vrou verloor, daal Mary Poppins uit die hemele neer om sonskyn – en orde – te bring aan hul hartseer lewe. In die destydse fliek het die skoorsteen­veër mnr. Dawes, toe gespeel deur Dick van Dyke, haar vriend gespeel, maar dié keer is Mary se vertroueli­ng die straat la straatlamp aansteker Jac k, gespeel deur Lin-M Lin-Manuel Miranda. O Op 92 keer Dick terug na die nuwe fli fliek as mnr. Dawes jr., die seun van d die oorspronkl­ike een. Daar is ook n nog Meryl Streep as Topsy, Mary se eksentriek­e niggie, Angela Lansbury as die ballonvrou en Colin Firth met sy stywe bolip as William Weatherall Wilkins, die nu nuwe president van die Fidelity Fidu Fiduciary Bank.

HOEKOM HOEKO ’N OPVOLGFLIE­K?

Die regisseur, Rob Marshall (58), verduideli­k hy wou Mary Poppins terugbring as “medisyne” vir ’n wêreld wat tans swaar trek.

“Ek dink dis iets wat ons baie nodig het,” sê hy. “Ons leef in so ’n breekbare wêreld dat ons dié fliek nodig het. Ek wil die nuus afskakel en weggevoer word na ’n towerwêrel­d waar wonderlike goed nog kan gebeur en waar daar hoop is.”

DIE VOORREG OM MARY TE WEES

Emily was heeltemal oorbluf toe Rob haar uit die bloute bel en die rol van Mary Poppins aanbied.

“Hy’t net gesê: ‘Ons gaan Mary Poppins doen,’ ” het sy aan an Ellen DeGeneres vertel.

“Ek was totaal geskok en effens verskrik. Ek het gevoel hoe waai my hare agtertoe.”

Voor sy dit geweet het, het Rob al geweet sy’s die een: Met haar vonkelende oë, vat-nie-twak-nie-houding en hoogdrawen­de Engelse aksent is Emily (35) die perfekte Mary.

Een resensent het haar beskryf as “absoluut wonderlik – haar vertolking maak haar ’n aanspraakm­aker op die Oscar vir beste aktrise”.

En sal Emily daardie suiwer stem van Mary kan baasraak wanneer sy die nuwe liedjies in die musiekspel sing?

Die aktrise het al voorheen in die fliek Into the Woods gewys sy het ’n goeie stem, en die liedjieskr­ywers wat treffers geskep het vir Hairspray en Charlie & the Chocolate Factory, Marc Shaiman en Scott Wittman, het die klankbaan spesiaal geskryf om by Emily se stem te pas.

“Dit het minder druk op my geplaas as om liedjies te sing wat reeds tevore deur iemand anders gedoen is,” sê die aktrise. “Hier is nou net liedjies wat by my en my vermoëns pas. Om die mens te wees wat aan dié liedjies lewe gee, is ’n groot eer.”

Emily vertel sy het besluit om nie weer die oorspronkl­ike fliek, wat sy as kind gesien het, te kyk nie. “Niemand kan Julie Andrews naboots nie,” het sy verklaar. Sy wou eerder haar eie weergawe van Mary wees.

Mary Poppins Returns is van 28 Desember af in Suid-Afrika te sien.

 ??  ?? HOOFFOTO: Emily Blunt, wat dié keer Mary Poppins speel, sê sy was geskok toe sy gevra word om die rol te vertolk. Sy het doelbewus nie die oorspronkl­ike fliek met Julie Andrews (INLAS) in die hoofrol gekyk nie sodat haar benadering vars kon wees. Lin-Manuel Miranda as Jack
HOOFFOTO: Emily Blunt, wat dié keer Mary Poppins speel, sê sy was geskok toe sy gevra word om die rol te vertolk. Sy het doelbewus nie die oorspronkl­ike fliek met Julie Andrews (INLAS) in die hoofrol gekyk nie sodat haar benadering vars kon wees. Lin-Manuel Miranda as Jack
 ??  ??
 ??  ?? Meryl Streep as Topsy
Meryl Streep as Topsy
 ??  ?? Julie Walters as Ellen
Julie Walters as Ellen
 ??  ??
 ??  ?? Angela Lansbury as die ballontann­ie
Angela Lansbury as die ballontann­ie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa