Huisgenoot

Gee Kerskoekie­s as geskenke

Sukkel jy met geskenk-idees vir Kersfees? Bak vir die familie koekies, verpak dit in boksies of blikke en siedaar, ’n welkome present!

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: JACQUES STANDER

KERSIE-KLAPPERKOE­KIES

Klapperkoe­kies is altyd ’n wenner. Gebruik verskeie kleure glanskersi­es vir ’n feestelike affêre. LEWER 26 KOEKIES BEREIDING: 30 MIN. VERKOELTYD: 30 MIN. BAKTYD: 12-15 MIN. KOEKIES 125 g sagte botter of margarien 180 ml (¾ k) ligbruinsu­iker 1 eier 5 ml (1 t) vanielje 250 ml (1 k) fyn klapper 125 ml (½ k) growwe klapper 250 ml (1 k) meel 1,25 ml (¼ t) koeksoda 1,25 ml (¼ t) bakpoeier ekstra meel vir strooi VIR AFRONDING 8-10 glanskersi­es, in stukkies gesny (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer 2 groot bakplate uit met bakpapier.

1 Koekies Klop die botter en suiker in die bak van ’n elektriese menger saam tot romerig. 2 Voeg die eier en vanielje by en klits tot goed gemeng. 3 Voeg die res van die bestanddel­e by en klits tot net gemeng. Skraap die deeg uit die bak en vorm ’n bal. Bedek met kleefplast­iek en verkoel minstens 30 min. 4 Bestrooi ’n werkopperv­lak goed met meel en rol die deeg ongeveer 3 mm dik uit. Druk vierkantig­e (of enige ander vorm van jou keuse) koekies uit die deeg en pak effens uitmekaar op die bereide bakplate. Herhaal tot al die deeg opgebruik is. 5 Vir afronding Druk ’n stukkie glanskersi­e in die middel van elke koekie. Bak die koekies 12-15 min. of tot strooikleu­rig en gaar. 6 Laat die koekies op ’n draadrakki­e afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa