Huisgenoot

MA SE VERSLAWING BEROKKEN KWAAI SKADE AAN GELIEFDES

-

Tot my bittere spyt is ek al 15 jaar lank aan slaap- en pynpille verslaaf.

Ek is al vir angs en depressie opgeneem, maar omdat ek nie saamgewerk het nie, het ek almal se tyd gemors.

Ek het 15 jaar gelede begin om my antidepres­sante met slaap- en pynpille te vervang. Dis mos lekker om net te slaap en van alles en almal te vergeet.

Min het ek toe geweet hoeveel skade ek aan my- self en my gesin aanrig.

Onwetend het ek hulle in die verleenthe­id gestel.

My man en kinders verdra my elke dag, want hulle is nog lief vir my.

Ek weet nie hoekom ek net aanhou pille drink nie. Elke keer belowe ek myself dis die laaste keer, net om weer vir myself en my gesin te lieg.

Ek kry voorskrift­e op drie verskillen­de mense se name. Dit is so maklik.

Sodra ek begin ongemaklik voel, sluk ek ’n pil of twee.

Ai, Here, ek wens ek kan net stop.

Asseblief, moenie doen wat ek doen nie. Ek het al soveel skade aangerig. ANONIEM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa