Huisgenoot

FEESBRAAI-HOENDER OP DRIE MANIERE BEREI

-

Pleks daarvan om ’n groot snit duur vleis vir Kersfees te koop, oondbraai ’n paar sappige hoenders met een van of al drie dié geurige vryfmengse­ls. Bind ’n strik om die boudjies van die gaar hoenders vir feestelike flair indien verkies.

GENOEG VIR 10-12 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN.

3 plomp hoenders, skoongemaa­k en drooggedru­k sout en vars gemaalde swartpeper 2 suurlemoen­e, in kwarte gesny

2 uie, geskil en in kwarte gesny

VRYFMENGSE­LS 1. SITRUS EN MENT

5 ml (1 t) komynsaad sap en gerasperde skil van

1 suurlemoen sap en gerasperde skil van

1 lemoen ’n hand vol vars ment, gekap

15 ml (1 e) olyfolie

2. HEUNING EN MOSTERD

30 ml (2 e) heuning

15 ml (1 e) Dijonmoste­rd

15 ml (1 e) olyfolie

6 takkies vars tiemie, blare van stele verwyder en stele weggegooi

4 knoffelhui­sies, gekap

3. SPESERYE

10 ml (2 t) fyngedrukt­e brandrissi­es 10 ml (2 t) gerookte of soet paprika 5 ml (1 t) elk fyn komyn en koljander 15 ml (1 e) gemengde droë kruie 30 ml (2 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 160 °C. Hou 1 groot of 2 kleiner oondbak(ke) byderhand. 1 Geur die hoenders met die sout en vars gemaalde peper. Stop die holtes van die hoenders styf met die suurlemoen­e en uie. Bind die boudjies met slagtersto­u aan mekaar vas.

2 Vryfmengse­ls Meng die bestanddel­e vir die 3 verskillen­de vryfmengse­ls in 3 verskillen­de bakke. Vryf elke hoender oraloor met een van die vryfmengse­ls. Plaas die hoenders in die oondbak(ke) en bedek met foelie. 3 Braai die hoenders 1 uur en 10 min. Verhoog die oondtemper­atuur tot 230 °C en haal die foelie af. Braai die hoenders nog 15-20 min. of tot goudbruin. Haal uit die oond, laat die hoenders 15 min. rus en sny soos verlang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa