Huisgenoot

BEESTONG MET TIEMIEMOST­ERD-SOUS

Ons gee dié tradisione­le gereg skop deur die mosterdsou­s met vars tiemie te geur.

-

GENOEG VIR 8-10 MENSE BEREIDING: 40 MIN. GAARMAAK: 1-2 UUR

1 groot of 2 kleiner beestonge

2 lourierbla­re

4 peperkorre­ls SOUS

40 ml (8 t) mosterdpoe­ier

40 ml (8 t) suiker

3 eiers ’n knippie sout

125 ml (½ k) witwynasyn

15 ml (1 t) vars tiemie

15 ml (1 t) heelkorrel­mosterd

125 ml (½ k) dikroom--

jogurt VIR AFRONDING ekstra vars tiemie (opsioneel) 1 Plaas die beestong(e) in ’n drukkoker. Voeg die lourierbla­re en peperkorre­ls by en bedek met water. Kook onder druk 20 min. vir elke 500 g, plus 20 min. (Dit wil sê ’n 1 kg-tong sal 1 uur kook. As jy twee kleiner tonge gebruik, gebruik die berekende kooktyd vir die grootste tong.)

2 Haal die tong(e) versigtig uit die koker en laat 15 min. afkoel. Trek die tong(e) se vel versigtig af – gebruik ’n skerp messie as die vel nie wil afkom nie. Laat die vleis heeltemal afkoel, sny in dun skywe en bêre in die yskas tot nodig.

3 Sous Meng intussen al die sousbestan­ddele buiten die tiemie, heelkorrel­mosterd en jogurt in ’n glasbak. Plaas die bak oor ’n klein kastrol vol kookwater (’n dubbele kastrol) en klits tot die mengsel dik en romerig word. 4 Verwyder die bak van die dubbele kastrol en bedek die oppervlak van die sous met kleefplast­iek. Laat die sous heeltemal afkoel. 5 Voeg die tiemie, heelkorrel­mosterd en jogurt by die sous en meng goed. Bêre in die yskas tot nodig. 6 Vir afronding Pak ’n laag van die tong in ’n opdienbak en smeer ’n laag van die sous oor. Hou aan lae pak en eindig met die sous. Strooi nog tiemie bo-oor indien verlang. 7 Sit die gereg koud voor of verhit 20 min. in die oond by 200 °C.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa