Huisgenoot

GEMMERBROO­D-ROOMYS-TOEBROODJI­ES

’n Prettige lekkerny met skop om jou Kersmaalty­d mee af te sluit.

-

LEWER 8 TOEBROODJI­ES BEREIDING: 25 MIN. GAARMAAK: 45-60 MIN.

GEMMERBROO­D

500 ml (2 k) koekmeel

10 ml (2 t) fyn gemmer

5 ml (1 t) gemengde speserye

5 ml (1 t) fyn kaneel

5 ml (1 t) koeksoda

2,5 ml (½ t) sout

120 g botter, versag

125 ml (½ k) gouestroop

125 ml (½ k) suiker

125 ml (½ k) kookwater

1 ekstra groot eier, geklits

ROOMYS

100 g korente

60 ml (¼ k) rum of ander likeur

2 L vanieljero­omys, effens versag

180 g vars kersies, ontpit en gekap skil van

1 lemoen

100 g gesoute pistachion­eute, gekap

350 g bevrore frambose vars bessies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n klein broodpan van 22 x 11 cm en voer dit met bakpapier uit vir die koek. Voer dieselfde grootte pan met kleefplast­iek uit vir die roomys.

1 Gemmerbroo­d Sif die meel, gemmer, speserye, koeksoda en sout saam.

2 Meng die botter, stroop, suiker en kookwater en roer tot die suiker opgelos het. 3 Giet die nat bestanddel­e by die droë bestanddel­e in en meng goed. Roer die geklitste eier in. Giet die beslag in die bereide pan en bak 45-60 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat 5 min. in die pan afkoel en laat dan heeltemal op ’n afkoelrak afkoel.

4 Roomys Meng die korente met die rum of ander likeur en laat week terwyl jy die ander bestanddel­e berei.

5 Skep die roomys in ’n groot bak. Gebruik ’n groot metaallepe­l en meng al die oorblywend­e bestanddel­e, die korente ook, by die roomys in. Skep in die bereide pan, bedek met kleefplast­iek en vries minstens 4 uur. 6 Sny die koek in stukke van 1 cm dik en sit eenkant. Sny die bevrore roomys in stukke van 2 cm en plaas dit tussen 2 snye koek om ’n toebroodji­e te vorm. Pak al die toebroodji­es op ’n skinkbord en vries tot jy dit voorsit. Garneer met vars bessies. S

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa