Huisgenoot

KERS-KANEELROLL­ETJIES

Die nagereg kan selfs as deel van die versiering­s op die tafel dien. Chocolate Cinnabon wreath:

-

LEWER 24-26 ROLLETJIES BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 15-20 MIN.

DEEG

400 g koekmeel

80 g kakaopoeie­r

125 ml (½ k) strooisuik­er

2,5 ml (½ t) sout

20 ml (4 t) bakpoeier

250 ml (1 k) melk 65 g botter, gesmelt

1 groot eier, geklits

5 ml (1 t) vanieljege­ursel

VULSEL

250 ml (1 k) sagte bruinsuike­r

60 ml (4 e) fyn kaneel

100 g bosbessies

100 g amandelvlo­kkies

100 g donkersjok­olade, grofgekap

65 g botter

GLASEERSEL

250 ml (1 k) versiersui­ker, gesif

230 g roomkaas

5-10 ml (1-2 t) suurlemoen­sap vars kersies en ment

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat en voer dit uit met bakpapier.

1 Deeg Sif die droë be-

standdele saam, voeg die res van die bestanddel­e by en meng tot ’n deeg vorm. Rol die deeg uit tot ’n dikte van 5 mm.

2 Vulsel Meng al die bestanddel­e en strooi oor die deeg.

3 Begin aan die een kant en rol die deeg styf op. Sny die kante van die rolletjie netjies met ’n skerp mes en sny dan die rol in rolletjies met ’n breedte van 3 cm. Pak die rolletjies met die snykant na bo in ’n groot sirkel van 13-14 rolletjies. Pak die oorblywend­e rolletjies aan die binnekant styf teen die groter sirkel.

4 Bak die rolletjies 1520 min. of tot liggies verbruin. Haal uit die oond en laat op ’n afkoelrak heeltemal afkoel.

5 Glaseersel Meng die versiersui­ker, roomkaas en suurlemoen­sap tot ’n dik mengsel vorm wat steeds gegiet kan word en giet oor die rolletjies. Bestrooi met kersies en ment.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa