Huisgenoot

MAN SE VERLEDE SPOOK BY HAAR

-

My man was op sy dag nogal ’n haan onder die henne. Ek het baie van die gerugte gehoor en weet van die vroue (toe was hulle nog meisies). Ons woon nog op dieselfde plek. Nou ontdek ek ná ’n paar jaar van getroude lewe dat die stories soms by my opkom en dan kan ek nie daarvan vergeet nie. Dit frustreer my.

JH, SMS

Onsekerhei­d in ’n verhouding kan baie gevolge hê, byvoorbeel­d selftwyfel. As jy dalk voel dat jy nie nou die aandag en waardering kry wat jy verdien nie of dat hy moontlik weer rondloer, sal jy redes daarvoor begin soek.

As jy aan jouself getrou is, is dit nie nodig om enigsins aan hierdie gedagtes aandag te gee nie.

Nes ’n mens soggens jou klere kan kies, kan jy jou gedagtes vir die dag kies. As jy dit doen, hoef jy nie daardeur oorweldig te word nie.

As jy veilig in jou verhouding voel en besig bly, kan dit verhoed dat hierdie gedagtes by jou bly spook.

Moenie met hom ’n gesprek oor sy verlede aanknoop nie. Moenie sy sosialemed­iablaaie nagaan om die name van die vroue uit sy verlede vas te stel nie.

As jy wel van die vroue van sy verlede op sosiale geleenthed­e teëkom, moenie jou man met arendsoë dophou om te kyk hoe hy op hulle reageer nie.

Onthou, hy het jou bo hulle almal verkies – ’n wete wat jul verhouding net nog inniger maak.

Versterk hierdie gevoel van innigheid deur moeite te doen om meer tyd saam deur te bring en meer dikwels die kamerdeur toe te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa