Huisgenoot

Nuut op die rakke

’n Bekroonde jeugskrywe­r praat oor skryfdinge

- Deur ELNA VAN DER MERWE

JACO JACOBS is die skrywer van meer as 140 boeke vir kinders en tieners, en byna 1 miljoen eksemplare is al verkoop.

Hy ryg die pryse in, maar ’n hoogtepunt was die benoeming vir die Carnegieme­dalje, Brittanje se oudste en prestigery­kste literêre prys vir kinderboek­e. “Ek was ook baie dankbaar toe ’n Goeie Dag vir Boomklim die internasio­nale In Other Words-prys wen, want dit het eindelik daartoe gelei dat Engelse en Italiaanse vertaalreg­te vir die boek verkoop is,” sê die Bloemfonte­inse skrywer.

Hy het in Junie vir die eerste keer voltyds begin skryf nadat hy 13 jaar lank ’n uitgewer was by Lapa-uitgewers.

Sy belangstel­ling in boeke vir jonges kom van ver af. “Aan die einde van matriek het ek die eerste keer ’n tienerboek aangepak – en onmiddelli­k het dit gevoel asof iets in posisie val. Ek kon my verbeeldin­g vrye teuels gee – ’n ruimtewese in iemand se swembad laat val, my ouma in ’n rockster verander, uitvind wat gebeur as jy ’n skaap by ’n kerkbasaar ontvoer.”

En hoe bly ’n skrywer in hierdie genre in ’n kind se kop om nie soos ’n grootmens te klink nie?

“Ek skryf in die eerste plek vir die boekversla­afde kind wat ek self was,” sê Jaco. “Ek kan my kinderdae baie goed onthou, en veral die soort boeke wat ek kleintyd verslind het, die troos en die betowering wat ek in boeke gekry het. En dan glo ek ’n mens hanteer dié genre altyd met die respek wat dit verdien. Jy mag hulle nooit, nooit, ooit onderskat nie.”

Jaco is ook ’n vertaler wat onder meer al die Elsabe Steenberg-prys vir vertaalde kinderlite­ratuur ontvang het.

“Wanneer ek vertaal, probeer ek vergeet dat ek self ’n skrywer is. Ek probeer die skrywer se stem, dit wat die storie uniek maak, so goed as wat ek kan in Afrikaans weergee.

“Dit is egter wel vir my baie belangrik dat ’n vertaalde boek op die ou end nie vir die leser soos ’n vertaling klink nie. Daarom doen ek tydens die redigeerpr­oses baie moeite om die storie so leesbaar en so Afrikaans moontlik op die oor te laat val.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa