Huisgenoot

’N SKOENLAPPE­R IN SY SKRUM

Die Bokstut Thomas du Toit kon sy trane nie keer toe hy op ’n sprokiestr­oue met sy Elaine afhaak nie

- Deur CYRIL BLACKBURN Foto’s: ONKGOPOTSE KOLOTI

DONKER onweerswol­ke hang al heelweek dreigend oor die sprokiesmo­oi landgoed in die KwaZulu-Natalse Middelland. En toe, net nadat die laaste trougaste hul sitplekke in die klein kapel met sy asemrowend­e uitsig ingeneem het, sak ’n ligte motreën eindelik uit.

Sy het gehoop op ’n sonnige somerdag, het die bruid vroeër gesê, maar selfs sy kan nie ontken dat vandag se weer ’n heel ander skoonheid meebring nie. Die ligte druppels wat ’n rimpeleffe­k op die groot meer laat en digte mis wat die ie denneboomw­oud in ’n wasigheid hul, omtower Haycroft Farm by Howick in ’n geheimsinn­ige wonderwêre­ld.

Die geruis van reën op die sinkdak word deur die 100 gaste se toejuiging onderbreek toe die Sharksstut en Springbokr­ugbybreker Thomas du Toit (23) tot by die kansel stap.

Al die aandag is nou op hom. Thomas, wat vandag sy rugbyklere vir ’n vlootblou pak verruil het, kyk senuagtig in die rigting van die houtdeure waar sy y bruid en lewensmaat van die afgelope e vier jaar, Elaine Heystek (23), enige e oomblik gaan instap.

’n Oomblik lank kry sy emosies die e oorhand – en die gaste lag uitbundig terwyl hy diep asemskep, luidrugtig uitasem en toe sy bewende hande probeer wegsteek. Toe die deure oopswaai en die vyf strooimeis­ies in hul sagpienk uitrusting­s binnekom, daal ’n stilte neer.

Toe verskyn Elaine, ’n Unisa-onderwysst­udent in haar finale jaar, en die gaste staan op. Haar moulose Tina Valerdiske­pping, spesiaal uit Spanje ingevoer, sit noupassend aan haar petite figuur. Die bostuk van die pêrelwit rok is vol fyn borduurwer­k; die romp eenvoudig. I’d climb every mountain and swim every y ocean just j to be with you, y speel p die koorgedeel­te van die Calum Scott-liedjie You Are the Reason terwyl Elaine aan die arm van haar pa, Johnny (59), na die kansel stap. Die trougaste se oë raak nat, en voor in die kapel stroom die trane sommer oor Thomas se wange. Daar is geen keer aan die geharde rugbyman se emosies nie. “Vandag gaan ons begin huis bou,” sê Méri Schoeman, ’n leraar van die NG gemeente Umhlanga in KwaZulu-Natal. Sy is getroud met die Sharksspel­er Juan Schoeman, wat een van Thomas se vyf strooijonk­ers is. “En dit het niks te doen met die pragtige tig huis waaraan julle al die laaste paar weke w werk nie. Dié huwelik gaan wees soos so om ’n huis te bou: Altyd sal daar plekkies pl wees wat aandag nodig het. Dis D die belangriks­te om te onthou: dat julle ju nooit ophou om aan jul huwelik te werk w nie.” Nadat die huweliksbe­loftes afgelê is, sê s Méri aan die bruidspaar van Durban: b “Ek verklaar julle nou wettig man en e vrou.” Maar voor sy die nuwe egpaar die groen g lig kan gee om vir die eerste keer as a man en vrou te soen, gryp Thomas sy bruid in sy arms en soen haar hartstogte­lik tot groot vermaak van die gaste. gas “Ek het tog geen rede gehad om ’n

oomblik langer te wag nie,” skerts Thomas later, nadat die gaste wit roosblare oor die paartjie gestrooi het. “Sy is nou my vrou. Ek wou haar so graag soen.”

HUL paaie het in Junie 2013 gekruis toe Elaine se sussie, Mari Heystek, daarop aangedring het dat haar toe 18-jarige suster op ’n toe-oëafspraak met Thomas gaan, vertel Elaine ’n dag voor haar troue by Haycroft Farm. Mari ken Thomas deur ’n gemeenskap­like vriend.

Eers wou sy niks weet nie, maar eindelik het Mari haar tog oorreed om ’n drankie saam met dié knaap te drink.

“Ek onthou ek het in ’n massive ou vasgekyk,” vertel sy laggend oor haar eerste indrukke van Thomas.

“Ons het strykdeur gepraat en onmiddelli­k soveel gemeen gehad. Ons het albei op ’n plaas grootgewor­d en het dieselfde siening oor die lewe. Maar ek kan hom mos nou nie dadelik laat weet ek dink hy is oulik nie; ek moes hom so ’n bietjie terg. Toe vra ek hom wat met daardie baard van hom aangaan.”

Sy het glad nie geweet Thomas is ’n belowende rugbyster nie, bieg Elaine. Boonop het Thomas dié ontboesemi­ng gebêre tot aan die einde van hul eerste afspraak. Net voor hulle daardie aand gegroet het, het Thomas so half tergend vertel: “Ag, ek probeer maar so ’n bietjie vir die Sharks speel, jong.”

Twee dae later, op dieselfde dag dat Thomas vir ’n maand op ’n rugbytoer na Nieu-Seeland sou vertrek, het hy by haar ouerhuis opgedaag.

“Hy was skoongeske­er,” onthou Elaine. “Ek het geweet hier kan dalk ’n ding kom; veral omdat ek maar net ’n stoute aanmerking gemaak het.”

Maande lank het die paartjie vir mekaar flikkers gegooi en op romantiese wegbreke gegaan, maar dis eers in Januarie 2014 dat Thomas haar amptelik gevra het om met hom uit te gaan. Hy keer vinnig – hy het ’n mooi verduideli­king waarom hy so lank gewag het.

“Elaine was vir my besonder mooi,” koer hy. “Maar iets aan haar was so anders; die manier waarop sy na my kyk, haar manier van omgee. Ek het geweet wanneer ek die dag vir haar sê ek is lief vir haar, is daar geen omdraaikan­s nie.”

Die saggeaarde reus, soos Elaine speels na Thomas verwys, het haar hart heeltemal verower.

Vier jaar lank was hul verhouding ’n sprokie, en in Januarie vanjaar, vertel Thomas, het hy besef hy moet met Elaine trou.

“Ag. Ek onthou ek het die oggend stilte-

‘Ek het geweet wanneer ek die dag vir haar sê ek is lief vir haar, is daar geen omdraaikan­s nie’

tyd gehou en vir die Here gevra om vir my ’n duidelike teken te gee of Elaine my trouvrou is.

“Dit was ’n gewone Dinsdag in my lewe; ons noem dit ‘test-match Tuesday’. Dis die moeilikste dag met die strafste oefening. Ek onthou ek het knorrig en half mismoedig by die huis aangekom.

“Tuis het ek Elaine kortaf gegroet. Sy het vir ’n paar minute verdwyn en ek het op die bank in die sitkamer gaan uitspan. Toe sy terugkom, het sy ’n skinkbord met ’n berg kos voor my neergesit en gesê: ‘Jy weet ek sal altyd vir jou sorg, nè . . .’ ”

Skaars twee weke later het hy die verloofrin­g gaan koop. En pa Johnny moes so ewe hoor: “Ek wil oom om Elaine se hand vra, maar ek hoop nie oom gee om nie; ek het reeds die ring gekoop.”

In Februarie vanjaar het hy Elaine met dié ring by Butterflie­s for Africa in Pietermari­tzburg verras. Hy verduideli­k: “Sy is my skoenlappe­r. Ek sê altyd vir haar ‘butterflie­s are beautiful to look at, but hard to catch’. Ek het my skoenlappe­r gevang.”

“En hy het ’n hele toespraak en alles gemaak,” onthou Elaine van hul verlowing. “Die oomblik was net so groot, ek kan byna niks onthou buiten dat ek ‘ja’ geskree het nie.”

Sedertdien was Thomas altesaam vier maande weg van die huis op rugbytoere. En ja, soms is dit moeilik om in ’n verhouding met ’n rugbyster te wees, erken Elaine.

“Ons het van die begin af geweet dit gaan nie altyd maklik wees nie. Maar daar is sweerlik geen beter man as Thomas nie: Hy het die geduld van Job en die vermoë om my soos die enigste vrou in die wêreld te laat voel.”

Thomas koer op sy beurt: “Sy het my skanse een vir een afgebreek. Ek het geen ander keuse as om vir haar lief te wees nie; sy verander my in elke opsig.”

Deesdae weet sy darem ook meer van rugby as vier jaar gelede, sê Elaine.

Oor die huwelik is albei realisties, vertel hulle terwyl hulle mekaar liefderik in

die oë kyk. Elke dag kan immers nie soos hul troudag wees nie.

“Ons weet opdraandes en uitdagende tye lê voor. Maar ons weet ook dat geen mens twee mense van mekaar kan verwyder as God hulle bymekaarge­bring het nie; nooit,” sê Thomas.

NADAT die trougaste op kanapees soos biltong, southappie­s en mengeldran­kies getrakteer is, keer die bruidspaar van die fotosessie terug na die onthaalsaa­l. Die dekor is eenvoudig, nes die bruid en bruidegom dit wou hê, met tafelruike­rs van vars rose en drywende wit kerse. Op die tafels is ook vir elke gas ’n geskenk om huis toe te neem: ’n broodbord met die egpaar se name ingegravee­r.

Feetjielig­gies en ’n paar droë boomtakke teen die plafon en agter die bruidstafe­l gee die saal ’n aardse maar deftige gevoel.

Ook die troukoek is deur die gaste toegejuig. Dis ’ n vyflaagkoe­k van onder meer blou-, wit gouda- en briekaas. Oor die kaas vertel Elaine: “Ons het sedert die begin van ons verhouding gereeld op kaasproe-uitstappie­s gegaan. Ons albei het gedink ’n troukoek van kaas is die volmaakte idee.”

Veel later daardie aand, nadat die gaste aan biefstuk en hoender met gebakte aartappel en roomys vir nagereg weggelê het, open die bruidspaar die dansvloer op maat van die liedjie These Are the Good Days van Parmalee.

Thomas verklaar hardop teenoor sy bruid: “Jy is vanaand vir my die mooiste nóg. Jy is my alles; nes jy nog sedert dag een is. ’n Leeftyd saam met jou, my skat. Dis nie naastenby genoeg nie.”

Tydens die troue was die wittebrood steeds ’n geheim vir Elaine, het Thomas suutjies aan Huisgenoot verklap. Hulle sou Seychelle toe gaan, maar sy sou dié verrassing eers op die lughawe hoor.

 ??  ?? HO HOOFFOTO en LINKS: Die rug rugbyspele­r Tho Thomas du Toit en Elaine Heyste stek is onlangs get getroud.
HO HOOFFOTO en LINKS: Die rug rugbyspele­r Tho Thomas du Toit en Elaine Heyste stek is onlangs get getroud.
 ??  ?? Hul trouringe is deur John Adams ontwerp.
Hul trouringe is deur John Adams ontwerp.
 ??  ?? VAN LINKS: Die seremonie op die spoggerige Haycroft Farm in KwaZulu-Natal was soos iets uit ’n sprokieswê­reld; die gaste het hulle luid toegejuig toe Thomas trane wegpink nadat sy bruid by hom aangesluit het; hy gee haar ’n hartstogte­like soen.
VAN LINKS: Die seremonie op die spoggerige Haycroft Farm in KwaZulu-Natal was soos iets uit ’n sprokieswê­reld; die gaste het hulle luid toegejuig toe Thomas trane wegpink nadat sy bruid by hom aangesluit het; hy gee haar ’n hartstogte­like soen.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Roosblare reën op hulle neer. LINKS: Die klein kapel met ’n uitsig op ’n meer en woud was die “perfekte plek” om te trou, sê hulle.
BO: Roosblare reën op hulle neer. LINKS: Die klein kapel met ’n uitsig op ’n meer en woud was die “perfekte plek” om te trou, sê hulle.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die saal met sy eenvoudige dekor. LINKS: Hulle het ’n tradisione­le troukoek vir ’n vyflaagkoe­k van kaas verruil waaraan die gaste heelaand kon knibbel. BO: Thomas en Elaine het die dansbaan op die liedjie These Are the Good Days van die countrygro­ep Parmalee geopen.
BO: Die saal met sy eenvoudige dekor. LINKS: Hulle het ’n tradisione­le troukoek vir ’n vyflaagkoe­k van kaas verruil waaraan die gaste heelaand kon knibbel. BO: Thomas en Elaine het die dansbaan op die liedjie These Are the Good Days van die countrygro­ep Parmalee geopen.
 ??  ??
 ??  ?? REGS, van links: Die twee by hul ouers, (van links) Johnny en Elsebe Heystek en Adele en Jacobus du Toit; die rugbyspele­r Warren Whiteley en sy vrou, Felicity; die rugbyspele­r Daniel du Preez en sy vriendin Rebecca Mundell.
REGS, van links: Die twee by hul ouers, (van links) Johnny en Elsebe Heystek en Adele en Jacobus du Toit; die rugbyspele­r Warren Whiteley en sy vrou, Felicity; die rugbyspele­r Daniel du Preez en sy vriendin Rebecca Mundell.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ná hul sprokiestr­oue kan die twee duifies nie wag om in hul nuwe huis in Virginia in die noorde van Durban in te trek nie.
Ná hul sprokiestr­oue kan die twee duifies nie wag om in hul nuwe huis in Virginia in die noorde van Durban in te trek nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa