Huisgenoot

DIE KONINKLIKE KERSFEES BY SANDRINGHA­M

-

OUKERSAAND Die sokkerweds­tryd

Jaarliks speel die werkers van die landgoed sokker teen die dorpenaars. William en Harry speel saam – gewoonlik in teenoorges­telde spanne.

Teetyd

Ná die sokker gaan die familie na Sandringha­m House se wit sitkamer vir tee en skons terwyl die kinders nog versiering­s aan die Kersbome hang.

Presente oopmaak

Ná teetyd gaan die koninklike familie na die rooi sitkamer om hul presente oop te maak. Die grootmense s’n is hoofsaakli­k grappig – prins Philip het eenmaal ’n pepermeul met ’n lig bo-op gekry en Kate en Wills het al vir Harry ’n Grow Your Own Girlfriend-stel gekoop. Die kinders kry

KERSDAG Kerk toe

Elfuur sit die hele familie stigtelik in die St. Mary Magdalene-kerk. Vanjaar gaan Meghan vir die eerste keer as ’n lid van die Kerk van Engeland, want sy is net voor haar troue op 19 Mei gedoop.

Middagete

presente soos fietse, teestellet­jies en visstokke. Daar is glo een groot Kersfeesbo­om, en ook ’n silwer nagemaakte boom in die eetkamer.

Etenstyd

Net ná agt sit die familie in hul aanddrag aan vir ’n feesete van wildsvleis, wintergroe­nte en sjampanje. Die koningin kies rondom middernag koers na haar katel, maar die jongeres kuier voort met kersiebran­dewyn en Sandringha­m se appelsider. Dit word as ’n buffet voorgesit, en die koningin word eerste gehelp. Die sjef sny eers twee reusekalko­ene en daar is ook wildevarkk­op, forel en foie gras. Wanneer almal vleis het, kom die butlers met Brusselse spruite, gebraaide aartappels en ander groente. Agterna kom gebakte Kerspoedin­g met brandewynb­otter.

Die toespraak

Om drieuur vergader die hele groep voor die TV om te luister na die koningin se jaarlikse Kerstoespr­aak. Dit word ’n paar weke tevore al opgeneem.

Speeltyd

Aandete is oorskiet saam met ’n paar vars bykosse. Hierna bou almal legkaart en speel speletjies soos lettergree­praaisels waar ander moet raai wie jy uitbeeld. Die koningin is blykbaar goed met mimiek en kan eerste ministers en presidente wat sy deur die jare ontmoet het uitstekend naboots.

DIE VOLGENDE DAG Die jagtog

Al is daar soveel mense wat beswaar maak teen jag, is dit ’n geliefkoos­de aktiwiteit van die koninklike­s. Harry kon nie verlede jaar deelneem nie, want Meghan is ’n aktivis vir diereregte.

 ??  ??
 ??  ?? Die koninklike familie se jaarlikse jagtog is ’n tradisie wat oor generasies strek.
Die koninklike familie se jaarlikse jagtog is ’n tradisie wat oor generasies strek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa