Huisgenoot

HANNON BOTHMA

Stylghoero­e en aanbieder van die kykNET-program Glam Guru

-

Die ete

Dink vars en lig, pleks van swaar in die warm weer, stel Hannon voor.

“Moenie te veel warm, gekookte kos voorsit wat jou wil laat omkap van moegheid en jou slaperig maak van te veel eet nie.”

Drankies

“Sjerrie of port is ’n heerlike verwelkomi­ngsdrankie. Opdienbeke­rs met sangria vol vrugtestuk­kies en yskoue vonkelwyn is altyd gepas. Vir diegene wat nie drink nie, moet jy altyd iets soos druiwesap in bekers met baie ys hê.” ’n Kerstafel is goed versier as dit feestelik maar ook prakties is. “Die blomme op die tafel moet byvoorbeel­d nie so groot wees dat gaste mekaar nie kan sien nie.”

Tafeldekor kan ’n prettige selfdoen-aktiwiteit wees. “Kinders kan op A4-papiere prentjies teken wat jy kan lamineer om as plekmatjie­s te gebruik. Jy kan servetring­e met takkies of klimop vleg. Pleks van groot blommerang­skikkings op die tafel kan jy ’n Kerskrans met groenighei­d uit jou eie tuin maak. Druk bessies tussenin vir ’n feestelike gevoel. Of gebruik enige groenighei­d uit jou tuin vir ’n vars rangskikki­ng in ’n pot of vaas in die middel van jou tafel.”

Nog van Hannon se selfdoen-idees is om glasvase met suurlemoen­e of dennebolle te vul. “Gebruik kleurryke lint en maak ’n strikkie om messegoed saam te bind. Vir sprankel kan jy ook ouma se krale om ’n kersblaker drapeer.”

Die Kersboom

Die belangriks­te is om jou persoonlik­heid te weerspieël in hoe jy jou Kersboom versier.

“As jy kinders het, laat hulle self die versiering­s vir die boom maak; as jy van bak hou, versier jou boom vol tuisgemaak­te Kerskoekie­s met interessan­te vorms, soos sterretjie­s en huisies.”

Om ’n stylvolle boom te skep wat steeds treffend is, moet jy ontslae raak van al daardie oortollige en bont versiering­s wat jy die afgelope dekade elke keer kortt voor Kersfees uitkrap. Dink aan die string Kersliggie­s wat uittand brand weens al die dooie gloeilampi­es en die stringe goue engelhare wat al bles is.

“Hang eerder minder maar groter versiering­s aan die punte van die boomtakke. Hou by ’n kleurskema van drie kleure. Dit is treffend en lyk stylvol.”

Vir ’n grafiese Kersboom wat geen plek in beslag neem nie, kan jy kunsblare in die vorm van ’n Kersboom (minder blare bo en geleidelik meer na onder) teen ’n kaal muur plak.

Kersgesken­ke

Die beste Kersgesken­ke is nie peperduur of die jongste tegnologie­se wonderwerk nie.

Nee, geskenke wat self gemaak is en waarin tyd belê is, is die waardevols­te, sê Hannon.

“My pa het al vir my ’n broodbord gegee wat hy uitgesaag het, en van my suster het ek ’n fotoalbum gekry wat sy self saamgestel het.”

Hy en sy geliefdes het al ooreengeko­m op ’n maksimum bedrag om aan geskenke te bestee.

“Dit moet iets wees wat vir almal bruikbaar is, soos ’n koffiebeke­r of badsakkie. Ons het al die geskenke in ’n groot sak gegooi en almal het ’n gelukspakk­ie getrek.”

Die musiek

“Die musiek moet net ’n atmosfeer skep en nie te veel aandag g trek nie. Daarom speel p ek graag musiekek musiek in ’n ander taal. Vir agter-agter agtergrond­musiek k kan jy met kunstenaar­s soos Ella Fitzgerald en Michael Bublé nooit ’n fout maak nie.”

Onthaal:Onthaal: DieDie moeniesmmo­enies

“Die gasheer off of -vrou moenie net hul eie mussiek musiek kliphard speel en verwag almal gaan dit geniet nie. MoenieM Moenie heeltyd op jou selfooon selfoon praat met vriende en fammiliele­de familieled­e wat ver bly nie; maaak maak jou oproepe klaar voor jou gasteg-kom gaste kom en sit dan jou foon eeenkant. eenkant. Moenie drank afdwing op mense wat nie van alkkohol alkohol hou nie.”

EtiketEtik­et virvir gastgaste te

“Vra met enige uitnodigin­g wa wat t jy kan saambring saambring. . En al sê die gas gassvrou jy hoef nik niks ks saam te bring nie, neem ten minste ’n bottel wyn saam.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa