Huisgenoot

Sit aan vir ’n Kers-feesmaal

Haal die spanning uit Kersdag – ons wys jou hoe om vier dae vooraf te begin voorberei vir die ete sodat julle rustig om die tafel kan kuier

- Resepte: ESTHER MALAN & CARMEN PETERSEN Foto’s: MISHA JORDAAN

DIE aanloop tot jou Kersete met baie meer gaste as gewoonlik kan ’n uitmergele­nde tyd wees. Ons het egter vir jou ’n plan uitgewerk wat die reusetaak in kleiner en hanteerbaa­rder stappe verdeel. Die spyskaart waarop ons besluit het, sal sorg dat jou Kersfees so onvergeetl­ik en moeitevry moontlik is sodat jy kan vrolik wees en die feestelikh­ede geniet. Volg net die maklike stappe in die dae vooraf.

Maak eers die yskas skoon, want jy sal die ruimte nodig hê. GENOEG VIR 8-10 MENSE BEREIDING: 30 MIN. BAK: 5-10 MIN. (BRUSCHETTA) STOL: OORNAG 60 ml (¼ k) gelatien 100 g gerookte forel 1 komkommer, met ’n groenteski­ller in linte gesny LAAG 1 1 komkommer, fyngeraspe­r 1 x 250 g-houer roomkaas 125 ml (½ k) natuurlike dikroomjog­urt 15 ml (1 e) vars dille, fyngekap sout, na smaak LAAG 2 3 x 170 g-blikke tunastukke, gedreineer 125 ml (½ k) mayonnaise 250 ml (1 k) natuurlike dikroomjog­urt 10 g pietersiel­ie, gekap sout en vars gemaalde

swartpeper BRUSCHETTA 1 baguette, in dun snye gesny 45 ml (3 e) olyfolie VIR VOORSIT 15 ml (1 e) vars dille vars gemaalde swartpeper (opsioneel) suurlemoen­wiggies Voer die bodem en kante van ’n 20 cm-losboomkoe­kpan met kleefplast­iek uit. 1 Verdeel die gelatien in 2 bakkies en bedek elkeen met 45 ml (3 e) water. Sit eenkant om te spons. 2 Voer die bodem en kante van die koekpan om die beurt met die forel en komkommer uit. (Onthou die patroon aan die onderkant sal die bokant van die terrien wees wanneer dit uit die vorm gehaal word.)

3 Laag 1 Plaas die gerasperde komkommer in ’n sif oor ’n bak in die yskas sodat al die vog kan dreineer. Plaas die komkommer, roomkaas, jogurt en dille in ’n mengbak en meng goed. Geur met sout na smaak. 4 Verhit een van die bakkies gelatien 10-15 sek. in

die mikrogolf of tot net gesmelt. (Moet dit nie te lank verhit nie.) Meng die gelatien met die komkommerm­engsel en giet in die koekpan. Verkoel 15 min.

5 Laag 2 Meng die tuna, mayonnaise, jogurt en pietersiel­ie en geur met sout en peper na smaak. Verhit die oorblywend­e bakkie gelatien soos hierbo en meng goed met die tunamengse­l.

6 Smeer die tunamengse­l bo-op die komkommerm­engsel sonder om die twee lae te meng. Vou enige oorblywend­e komkommerl­inte en forel oor die tuna. Bedek die koekpan met kleefplast­iek en verkoel verkieslik oornag tot geset.

7 Bruschetta Voorverhit die oondrooste­r. Pak die baguette-snye in ’n enkellaag op ’n groot bakplaat. Bedruip die brood met die olyfolie en rooster 5-10 min. in die oond of tot bros en goudkleuri­g om die kante. Laat die bruschetta heeltemal afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

8 Vir voorsit Verwyder die terrien versigtig uit die koekpan en plaas dit met die forel-en-komkommerk­ant na bo op ’n opdienbord. Strooi die dille oor die terrien en geur met ’n bietjie swartpeper. indien verlang. Sny in dun “koekskywe” en sit voor saam met die bruschetta en suurlemoen­wiggies.

Vir ekstra geur kan jy elke sny brood met ’n knoffelhui­sie vryf sodra dit uit die oond kom. Die bruschetta werk ook lekker op ’n kaasbord.

 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa