Huisgenoot

WAT WAG OP HAAR?

-

Shamila Batohi vervang Shaun Abrahams, wat vroeër vanjaar uit sy pos as NVG-baas verwyder is nadat die konstitusi­onele hof verklaar het sy aanstellin­g in 2015 deur oudpres. Jacob Zuma was “onwettig” en “’n magsmisbru­ik”.

In haar onderhoud vir die pos – sy was een van vyf kandidate – het Shamila nie doekies omgedraai nie. “Die huis is aan die brand,” het sy oor die huidige stand van sake by die NVG gesê. “Dis ’n gemors, by gebrek aan ’n beter woord.”

Interne verdeeldhe­id, begrotings besnoeiing­s ,’ n personeelt­ekort en’ n gebrek aan vertroue in die strafregst­elsel – dis maar net ’n paar van die dinge wat sy moet regstel.

Weens begrotings besnoeiing­s isme eras 200 vervolging­sposte vakant. Dit beteken die NVG kan eenvoudig nie al die sake hanteer wat ondersoek moet word nie.

Die hoof van geregtighe­id en geweld svoorkomin­g by die Instituut vir Sekerheids­tudies, Gareth New ham, sê dit sal b yS hamila berus om di eN V G te versterk sodat die eenheid sy werk kan doen.

“Sy het die regte mense in die regte poste nodig wat die regte besluite kan neem, en die nodige bewyse kan versamel en verwerk om vervolging suksesvol deur te voer,” sê hy. Sy sal ook onbevoegde senior bestuurder­s moet verwyder en met mense met integritei­t en ervaring vervang.

Christine Botha, waarnemend­e hoof van die sentrum vir konstitusi­onele regte, sê een van Shamila se grootste uitdagings sal wees om die geloofwaar­digheid te herstel van die eenheid wat oor die afgelope dekade deur politieke inmenging gekniehalt­er is.

Christine sê die hoëprofiel­sake wat die NVG binnekort sal behartig – soos die Zuma-korrupsies­aak en sake wat uit die huidige Zondo-kommissie van ondersoek na staatskapi­ng voortsprui­t – sal die NVG die geleenthei­d gee om weer openbare vertroue te wen.

Shamila het aangedui sy sal pres. Cyril Ramaphosa se goedkeurin­g vra om ’n nuwe ondersoek direktoraa­t, soortgelyk aan die ontbinde Skerpioene, te vorm om korrupsie te pak.

Maar terselfder­tyd moet sy ook gewone burgers dien wat die slagoffers van misdaad is. “Mense moet sien dat as hul saak hof toe gaan hulle geregtighe­id sal kry,” sê Christine.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa