Huisgenoot

Kers-onmin in die Britse koningshui­s

Kort voor Kersfees heers daar glo spanning in die Britse koningshui­s. Is ’n vete tussen Kate en Meg die oorsaak?

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK en NICOLA WHITFIELD

VREDE op aarde is dié tyd van die jaar die boodskap– maar in die Britse koningshui­s is daar glo veral nou in die feestyd ’n tekort hieraan. Dis blykbaar die nuutste lid van die familie se skuld, of so word daar oor die paleisdram­a gegis.

Die koninklike gesin en sommer die Britte ook het hul arms wyd oopgegooi vir Meghan Markle toe sy in Mei vanjaar met prins Harry getroud is – sy is beskou as ’ n vars bries wat deur die muwwe gange van die eeue oue instelling kom waai het.

Maar dit lyk of sake dalk vinnig versuur het. Want kort voor Kersfees het die krake begin wys . . .

VERLEDE KERSFEES

Kort nadat die duifies op 27 November verlede jaar hul verlowing aangekondi­g het, het hulle ’n uitnodigin­g gekry om Kersfees op die Sandringha­mlandgoed by te woon. Dis waar die koningin se privaat huis op die Engelse platteland is, en die uitgebreid­e koninklike familie kom jaarliks vir Kersfees hier byeen.

Meghan het egter nog nie op haar gemak gevoel tussen sekere lede van die koninklike familie nie, het The Mail on Sunday berig. Dis toe dat prins Charles ingryp en voorstel dat Harry en sy aanstaande by prins William en Kate in Anmer Hall naby Sandringha­m tuisgaan.

Maar Charles se plan het skeefgeloo­p: Kate, vyf maande swanger met prins Louis, was glo “moeg en wou ’n stil Kersfees hê”, het ’n senior personeell­id berig. Onlangs het dit aan die lig gekom Kate het gevoel Meghan is onbeskof met die personeel en het haar eenkant geroep om daaroor te praat. Meghan het dit glo toe vir Harry vertel – en die gort was natuurlik gaar, want die broers het elkeen hul vrou se kant gekies.

’n Ingeligte bron onthul: “William was bekommerd oor sy broer en of Meghan reg was vir hom. Hy het dit vir ’n vriend gesê en die koningin het daarvan uitgevind. En Kate, wat nog altyd na aan Harry was, was ongelukkig oor wat gebeur.”

Maar Harry laat nie toe dat iemand iets slegs oor Meghan sê nie en hy is baie beskermend oor haar. “Harry voel hy kon sy ma nie beskerm nie en nou doen hy alles wat hy kan om sy vrou te beskerm,” het ’n paleisbron aan The Sun gesê.

Nog iemand in die binnekring verklap “die atmosfeer was ’n tyd lank giftig tot prins Charles die vrede herstel het”.

DIÉ KERSFEES

Die een oomblik kondig Carole Middleton (63), Kate se ma, aan wat ’n wonder- like Kersfees hulle by hul huis beplan. In haar eerste onderhoud in jare het sy vertel hoeveel hulle daarna uitsien om hul dogters, seun en kleinkinde­rs by hulle te hê. Vanjaar is daar vier spruite: William en Kate se prins George (5), prinses Charlotte (3) en baba, prins Louis, asook ousus Pippa en haar man, James Mathews, se nuwe kleinding, Arthur.

Die volgende oomblik blyk dit William en Kate – wat vanjaar net vir die Kersdiens by Sandringha­m sou wees – gaan die Kerstyd nou wél daar deurbring en net ’n rukkie by Kate se ouers kuier.

Toe word aangekondi­g Harry en Meghan gaan Kersfees saam met die koninklike familie deurbring – en by die Cambridges in Anmer Hall bly . . .

Noodmaatre­ëls om ’n verenigde front voor te hou terwyl die onmin groei?

G’N GOEIE BUURMANSKA­P

Tot onlangs sou die Sussexes nog Kensington­paleis toe trek en William en Kate se direkte bure word. Toe kom die nuus: Nee, hulle trek 33 km weg na Frogmore Cottage naby Frogmore House, waar hul trouonthaa­l was. Skielik is gegis die nuwe verblyfpla­nne is veroorsaak deur ’n twis tussen die aangetroud­e skoonsuste­rs.

“Die twee verskil baie,” vertel iemand in die binnekring. “Kate het herhaaldel­ik probeer om Meghan te help aanpas by die koninklike lewe, maar Meghan wil dinge op haar eie manier doen.”

Richard Palmer, die koninklike korrespond­ent van die Daily Express, sê hoewel dit duidelik is dat Meghan “moeilik en veeleisend” is, beteken dit nie daar is ’n vete tussen die twee nie. En Rebecca English van die Daily Mail sê: “Dit sal verkeerd wees om die rede vir die skeiding voor Meghan se voete te lê.”

’n Waarskynli­ker rede vir die besluit om weg te trek is dat Harry wou wegkom uit Londen, waar fotograwe en nuuskierig­es hul elke beweging dophou.

MEGHAN SE MANIER

Anders as Kate en haar oorlede skoonma, prinses Diana, het Meghan ’n vol lewe gelei voor sy Harry ontmoet het.

“Sy was ’n suksesvoll­e aktrise; sy het haar eie humanitêre belangstel­lings en haar eie vriendekri­ng. Dit vat haar ’n ruk om te verstaan hoe die paleis se hiërargie werk en dat jy onderdanig moet wees aan mense,” het ’n ingeligte verklap.

Dat sy nog sukkel om haar plek te vind en nie altyd begryp hoe die paleis se riglyne en voorskrift­e werk nie, blyk duidelik uit hoeveel van die personeel nie kans sien vir haar dominerend­e gedrag nie. Selfs een van haar senior personeell­ede het ná net ses maande haar koffer gepak en geloop. Melissa Toubati, die 39-jarige Franse vrou wat haar persoonlik­e assistent was, het haar bedanking in trane ingedien. En agter Meghan se rug bespiegel van die personeel glo haar huwelik met Harry gaan net vyf jaar hou.

Dit het ook aan die lig gekom Samantha Cohen (50) gaan as Meghan se persoonlik­e sekretares­se bedank ná haar baba se geboorte. Samantha werk al 17 jaar vir die koninklike familie en die bewerings dat sy gaan vertrek, versterk die bespiegeli­ng dat dit onmoontlik is om met die hertogin saam te werk.

Eers onlangs het dit aan die lig gekom Meghan was eintlik al kort voor haar troue ’n bietjie voor op die wa. Sy het daarop aangedring dat lugverfris­sers vir haar huwelikser­emonie in die St. Georgekape­l geïnstalle­er word, want dit het volgens haar muf geruik. Die grootkoppe in die Buckingham­paleis het hul voet neergesit en volstaan: Dit was sedert 1475 goed genoeg vir die koninklike­s wat hier aanbid; dit sou maar goed genoeg moes wees vir Meghan.

 ??  ?? Prinses Eugenie, prinses Beatrice, prinses Anne, prins Andrew, eerwaarde Jonathan Riviere, Kate, William, Meghan, Harry en prins Philip by Sandringha­m se Kersdiens in 2017. Die hertog en hertogin van Sussex bring Kersfees vanjaar by prins William en Kate se Anmer Hall-woning deur.
Prinses Eugenie, prinses Beatrice, prinses Anne, prins Andrew, eerwaarde Jonathan Riviere, Kate, William, Meghan, Harry en prins Philip by Sandringha­m se Kersdiens in 2017. Die hertog en hertogin van Sussex bring Kersfees vanjaar by prins William en Kate se Anmer Hall-woning deur.
 ??  ?? Frogmore Cottage, Harry en Meghan se nuwe tuiste.
Frogmore Cottage, Harry en Meghan se nuwe tuiste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa