Huisgenoot

Gert-Johan hou driedubbel­e fees

Gert-Johan Coetzee en sy Vicky doen als met ‘ ’n tikkie ekstrageit’ – en hul Kersvierin­gs is geen uitsonderi­ng nie

- Deur SHANAAZ PRINCE Foto ’s: ROWYN LOMBARD

MET die intrapslag is dit duidelik hier woon mense wat nie afskeep nie. Wanneer hulle lle iets doen, is dit it met oorgawe en n oordaad – en n Kersfees gee hulle die geleenthei­d id om sommer behoorlik uit te hang. g. “Ek’s mos in die modebedryf, en alles wat ons doen, word met ’ ’n n tikkie ekstrageit gedoen,” verduideli­k elik die modeontwer­per Gert-Johan Coetzee, wat gereeld vir plaaslike sterre trefferuit­rustings maak en onlangs selfs vir Oprah Winfrey opgetof het toe sy in Suid-Afrika was.

Daardie “ekstrageit” sien jy al wanneer jy instap in hul pragtige huis in Linden, Johannesbu­rg, wat Gert-Johan (30) met sy huweliksma­at en vennoot, Vicky Visagie (34), deel.

Hier in die portaal hang van GertJohan se kenmerkend­e swierige tabberds aan ’n klererelin­g – en dan maak ’n wit dubbeldeur oop op ’n glinsteren­de Kerstablo wat die egpaar in die eetkamer opgerig het.

Voor ’n reuse-Kersboom staan ’n tafel in koninklike goue kleure versier en gedek met elegante glase en eetgerei gereed vir ’n spogfees.

Getrou aan hul voorliefde vir die oortreffen­de trap hou Gert-Johan en Vicky, wat al 14 jaar saam is, ook nie net een Kersete nie.

Laat in November nooi hulle hul vriende om in Linden te kom aansit en nader aan Kersfees hou hulle weer fees by Gert-Johan se ouers op Koster in Noordwes. Op Kersdag vier hulle wéér fees – vanjaar in Singapoer.

Vir die vriendefee­s hou hulle van ’n tradisione­le ete met ’n Suid-Afrikaanse kinkel. “Gerookte ham met granaat-

glaseersel, geroosterd­e Brusselse spruite, ’n slaai van avokado, aspersies en gekookte eier, pampoenpas­tei en vir nagereg malvapoedi­ng met room. En natuurlik baie vonkelwyn op ys,” vertel Gert-Johan.

Die twee is baie gelukkig in hul drieslaapk­amerhuis nadat hulle hierheen getrek het van die eenslaapka­merwoonste­l in Birdhaven, Johannesbu­rg, waar hulle tevore gewoon het.

Groot kunswerke hang teen die mure, en die vertrekke is vol ornamente wat die twee ywerige reisigers op hul wêreldreis­e versamel. “Ons is lief vir antieke dinge, maar ook baie kontemporê­r,” sê Vicky. “En ons hou van kulturele werk.” Heelwat van hul kunswerke is geskilder deur die komediant Casper de Vries.

“Die tema van die huis is ‘eklektiese barok’,” verduideli­k Gert-Johan.

VANDAT hulle saam is, gaan Gert-Johan en Vicky Koster toe vir die familie-Kersfees, maar vanjaar sal dit ’n bittersoet byeenkoms wees.

In Oktober is hul kuierplek op die plaas buite Koster in ’n veldbrand verwoes. Dit was ’n groot ruimte met slaapplek vir 30 mense wat Johan se ouers gebou het as ’n trouve- nue. “Daar was nie eens ’n bord oor nie,” vertel hy.

“Die plek het ’n grasdak gehad, en dit was binne sewe minute weg.”

Gert-Johan vertel hy is so hartseer . . . soveel herinnerin­gs is vir altyd weg. Sy ouma se trourok en al hul foto’s was op die plaas.

“Daar was ook ’n boom waarin my pa baie gespeel het, en toe dit van ouderdom dood is, het hy die stam afgekap en bo die vuurherd gemonteer.” Dis natuurlik ook nou net as. “Dis baie moeilik vir my pa. Die verlies van al die sentimente­le dinge is die swaarste.” Maar ondanks die brand bly Koster ’n holte vir die voet van hierdie twee halsoorkop besige mense.

Hier kan hulle wegbreek van hul stadslewe en hul gebruiklik­e flambojant­e klere verruil vir koel, gemaklike klere in die somerhitte, sê Vicky.

Vanjaar sal hulle bymekaarko­m in die dorpshuis op Koster waar GertJohan en sy pa, Gert, voor hom grootgewor­d het.

“Ons hou daarvan om net lekker ontspanne te wees,” sê Vicky. "Ons moet so dikwels op- dress, maar wanneer ons by die familie is, is alles baie eenvoudig.”

“Om die waarheid te sê,” voeg GertJohan laggend by, “as jy op Koster te opge- dress is, steek jy uit soos ’n seer duim.”

KERSDAG kom vanjaar vroeg op Koster – op 22 Desember om presies te wees – om by die manne se reisplanne in te pas. Gert-Johan en Vicky is selferkend­e reisfanati­ci en neem jaarliks minstens twee maand lange oorsese vakansies.

Dié keer vlieg hulle Ooste toe: Eers is dit Singapoer, en dan gaan hulle vriende in Bali ontmoet.

Hul viervoetig­e vriende bly tuis – die katte Ella, Oberon en Mei-Mei en die honde Jyoti and Sukie.

Het hulle planne om hul gesin uit te brei met babas van die tweebenige soort? Hulle het dit al oorweeg om dalk kinders te hê, maar dit is op die lange baan.

“Ons het altyd gesê ons sal kinders hê wanneer ek 35 is – en dis aanstaande jaar,” sê Vicky, “maar nou’s dit ’n geval van mmm . . .

“Ons sukkel klaar om genoeg tyd saam deur te bring. ’n Paartjie moet elke oomblik saam waardeer. Wanneer jy kinders in die prentjie bring, is daar nog minder tyd om saam te wees. So miskien oor ’n paar jaar.”

Vir die onmiddelli­ke toekoms is dit Koster, Singapoer en Bali. Nie ’n slegte manier om 2018 mee af te sluit nie, veral wanneer dit met soveel oorgawe en oordaad is.

 ??  ?? Die modeontwer­per Gert-Johan Coetzee en sy huweliksma­at, Vicky Visagie, gaan oor Kersfees ’n blaaskans in Singapoer neem.
Die modeontwer­per Gert-Johan Coetzee en sy huweliksma­at, Vicky Visagie, gaan oor Kersfees ’n blaaskans in Singapoer neem.
 ??  ?? LINKS: Weg van hul besige rooster geeniet Gert-Johan enen Vicky gehaltetyd d saam met hul honnde, Sukie (links) enen Jyoti. REGS: Soos s twee konings in hul kasteel in Lindenn – met vonkelwyn al-altyd byderhand wanneer onthaal word. REGS ONDER: Die Kerstafel el gedek vir hul jaarrlikse vriendefee­s.
LINKS: Weg van hul besige rooster geeniet Gert-Johan enen Vicky gehaltetyd d saam met hul honnde, Sukie (links) enen Jyoti. REGS: Soos s twee konings in hul kasteel in Lindenn – met vonkelwyn al-altyd byderhand wanneer onthaal word. REGS ONDER: Die Kerstafel el gedek vir hul jaarrlikse vriendefee­s.
 ??  ?? s.
s.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa