Huisgenoot

“Wolfkind” verlang na sy wildernisd­ae

Marcos Rodríguez Pantoja is as jong kind aan sy eie lot oorgelaat en het sowat 12 jaar lank op sy eie in die berge oorleef. Maar Matthew Bremner skryf dit lyk of dit vir hom makliker was in die wildernis as tussen mense

-

HY HET hom boeglam geskrik toe hy die eerste keer stemme oor ’n radio hoor. Marcos Rodríguez Pantoja onthou hy het gedink: “Daardie mense was baie lank daar binne.” Dit was 1966 en hy het pas wakker geword van ’n slapie in die klooster waar hy gebly het. Niemand anders was in die vertrek nie, maar hy kon ’n gesprek hoor wat uit die klein houtboksie kom.

Hy was daarvan oortuig mense was binne vasgekeer; daarom het hy ’n plan beraam. “Moenie bang wees nie; ek sal julle uitkry!” het hy op die radio geskree. Hy het die toestel gegryp en na die muur aan die ander kant van die vertrek gehardloop. Toe het hy, uitasem en rooi in die gesig, die radio bo sy kop gelig en dit met sy volle mag teen die muur gesmyt. Hy het afgebuk en tussen die flenters gesoek, maar die mense was nie daar nie.

“Ek het hulle doodgemaak!” het Mar- cos geskree, na sy bed gehardloop en die res van die dag daar weggekruip.

Hoewel hy ’n man in sy vroeë 20’s was, het hy nie ’n benul gehad van die basiesste tegnologie nie. Die rede? Hy het tussen sewe- en 19- jarige ouderdom stoksielal­leen in die Sierra Morena gewoon. Dit is ’n verlate bergreeks wat oor die suide van Spanje uitgestrek lê.

In 1953 is hy as kind aan homself oorgelaat. Hy vertel hy is in die wildernis deur wolwe grootgemaa­k. Omdat hy niemand gehad het om mee te praat nie, het hy sy taalvermoë verloor en begin blaf, skree en tjank.

Twaalf jaar later het die polisie op hom afgekom waar hy in die berge skuil. Hy het ’n diervel gedra en sy hare was lank en gekoek. Hy het probeer vlug, maar hulle het hom gevang, sy hande vasgemaak en hom die naaste dorpie geneem.

In die jare daarna het sy lewe tussen mense hom die een skok op die ander besorg. Toe hy die eerste keer na ’n rolprentte­ater geneem is – om ’n western te gaan kyk – het hy verskrik buitentoe gehardloop toe die cowboys reguit na die kamera galop.

Selfs op sy oudag, Marcos is nou 72, sukkel hy om mense te verstaan. “Vir die grootste deel van my lewe was dit vir my baie sleg tussen mense,” vertel hy.

Hy woon in Rante, ’n slaperige dorpie met net sowat 60 gesinne in Galisië in die noordweste van Spanje. Hy is afgetree en gaan stap in die omgewing, kuier in die plaaslike kroeg of gaan jag wildevarke saam met ’n vriend. Die meeste van die tyd sit en kyk hy TV.

Ek en Marcos ontmoet mekaar in sy beknopte, koue sitkamer. Die mure is met foto’s, ou tydskrifbl­adsye en kalenders van kaal vroue beplak.

“Ek is nou te veel van ’n mens,” sê hy. “Toe ek aan die begin tussen mense begin woon het, het ek nie ’n bed gehad nie. Ek het op stapels koerante geslaap.”

Die huisie is ses jaar gelede deur een van sy vriende op die dorp aan hom gegee. Hier is vuil skottelgoe­d in die opwas-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa