Huisgenoot

Nuwe vervolging­sbaas ’n ystervrou

Die nuwe baas van die vervolging­sgesag is ’n tawwe tienie wie se deugde oraloor besing word, maar ’n moeilike taak wag op haar

-

IN REGSKRINGE word sy glo soms die Tigress genoem – maar waarskynli­k nie wanneer sy dit kan hoor nie. Want jy wil nie aan die verkeerde kant van dié fyn, elegante vrou met die vlymskerp brein beland nie. Wie kan vergeet hoe sy, as aanklaer by die Kingkommis­sie van ondersoek na wedstrydkn­oeiery in 2000, die voormalige Proteakapt­ein Hansie Cronjé letterlik in trane gehad het toe hy voor die kommissie moes getuig?

En daar is g’n twyfel oor wat die Tigress se eerste groot taak in haar nuwe pos sal wees nie: Neem die berugte Guptabroer­s se spoor en vervolg enigiemand wat na bewering die wet oortree het. Sny die kanker van korrupsie uit. Wys SuidAfrika­ners dat geregtighe­id tog seëvier.

Regskenner­s en politieke kommentato­rs juig nadat Shamila Batohi onlangs as die heel eerste vrouebaas van die nasionale vervolging­sgesag (NVG) aangestel is. Hulle meen dis ’n sterk aanduiding dat pres. Cyril Ramaphosa daaraan toegewy is om die verrotting van die Zuma-jare om te keer.

Die 57-jarige Shamila, wat tot onlangs as senior regsadvise­ur by die internasio­nale strafhof in Den Haag, Nederland, gewerk het, is uitgeknip vir die pos, word wyd geglo.

Oudpres. Nelson Mandela het haar in die 1990’s verkies tot lid van die hoëvlakspa­n wat apartheidm­oordbendes ondersoek het, en nou toon Ramaphosa dieselfde vertroue in haar.

SHAMILA sal eers in Februarie 2019 amptelik haar nuwe pos beklee. Op haar LinkedInpr­ofiel staan steeds sy werk as ’n senior regsadvise­ur by die internasio­nale strafhof. Sy het dié pos in Den Haag in 2009 losgeslaan ná die dood van haar man, dr. Raj Somaru, ’n tandarts. Destyds het sy vertel sy is opgewonde oor die skuif, maar ook hartseer omdat sy haar twee seuns, Nikhil (29) en Shaunik (28), in Suid-Afrika moes agterlaat. Hulle was destyds nog studente.

“My familie woon in Durban. My lewe is in Durban. Ek is lief daarvoor,” het sy toe gesê.

Volgens haar kennisse is sy ’n taai vrou met onafhankli­ke denke wat nie sal toelaat dat enigiemand haar boelie nie – veral nie die politici nie.

Haar oom Vicky Batohi vertel sy het as ’n jong meisie reeds ’n sterk veggees gehad.

“Ons het by die gesin se huis tafel-

‘Sy beskik oor integritei­t, is ’n bekwame vervolger, ’n goeie administra­teur, en ek dink sy kan die werk doen’

 ?? Deur GABISILE NGCOBO ?? HOOFFOTO: Shamila Batohi is deur pres. Cyril Ramaphosa (INLAS) as die nuwe baas van die nasionale vervolging­sgesag gekies.
Deur GABISILE NGCOBO HOOFFOTO: Shamila Batohi is deur pres. Cyril Ramaphosa (INLAS) as die nuwe baas van die nasionale vervolging­sgesag gekies.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa