Huisgenoot

Vermoor ná kommer oor ouer kêrel

Haar Haarouers ouers het haar teen haar veel ouer kêrel gewaarsku – toe skiet hy glo haar en homself

- Deur CYRIL BLACKBURN

DIT was van die begin af ’n omstrede romanse wat almal aan die gons gehad het.

Hy was ’n sakemagnaa­t met talle ondernemin­gs en luukse woon plekke op sy naam en ’n voorliefde vir blink sportmotor­s. ’n Man met ’n ruim hart, sê dié na aan hom, maar ook ’n befaamde rokjagter met sewe kinders by vier vroue.

Sy was ’n hoërskoolm­eisie met klaarblykl­ik min vooruitsig­te om uit haar armoedige omstandigh­ede te ontsnap; ’n jong vrou wat na ’n uitkoms sou gryp. Boonop was hy 62; sy net 17. Marius Stiller, ’n bekende sakeman in Krugersdor­p, het glo aan Ann-Marie Aylward die wêreld beloof toe hulle mekaar sowat ’n jaar gelede ontmoet: rykdom, aandele in sy ondernemin­gs, ’n voertuig, selfs splinternu­we borste.

Haar familie was raadop, sê Ann-Marie se pa, Alwyn (47). Hy was bekommerd dinge sou dalk sleg uitwerk. “Maar sy wou geen rede hoor nie.”

Selfs haar vriende het haar teen Marius probeer waarsku, vertel ’n vriendin aan Huisgenoot: “Ann-Marie het gesê sy is bang Marius gaan eendag nog haar dood veroorsaak.”

Maar in sy wildste nagmerries sou Alwyn nooit kon dink sy dogter se liefdesbes­luit sou in ’n skokkende treurspel eindig nie.

Op 22 November het ’n gebroke Alwyn toegekyk hoe die lyke van sy “poplap”, soos hy Ann-Marie genoem het, en haar minnaar uit Marius se spoghuis op Krugersdor­p se Featherbro­oke-landgoed gedra word.

Ann-Marie was vermoedeli­k besig om haar tasse te pak nadat hulle rusie gemaak het.

Toe skiet Marius haar na bewering dood en neem daarna sy eie lewe agter sy lessenaar in die studeerkam­er.

Die twee se geskokte families is verdeeld oor die tragedie. Ja, Marius was ’n ware rokjagter, sê van sy familieled­e aan Huisgenoot. Maar moord? Dit glo hulle nie.

Maar Alwyn hou vol: “Marius was ’n aggressiew­e boelie. Hy het op meer as een geleenthei­d met my dogter handgemeen geraak. Ons was bang hy sou iets aan haar doen, maar sy wou nie luister nie. Nou het ons nagmerrie waar geword.”

DIE paartjie se pad saam het in Augustus 2017 begin nadat Marius vir Ann-Marie onder sy vlerk geneem het. So vertel sy eks meisie Beatrice Myson (35), met wie hy toe nog in ’n verhouding was. “Ons het vir haar jammer gevoel omdat sy gesê het sy wou graag haar hoërskooll­oopbaan voltooi, maar het nie geld daarvoor nie,” sê Beatrice.

Ann-Marie het destyds tuisonderr­ig by ’n ma van ’n vriendin gekry omdat sy nie skoolgeld kon betaal nie.

Oor sy dogter se ontmoeting met die

‘Mense vra hoe ons haar nie gekeer het nie. Ons kon haar nie in ’n hok toesluit nie’

sakeman beweer Alwyn dat Marius en Ann-Marie mekaar ontmoet het toe sy y dogter Marius en Beatrice se kind vir ’n ekstra inkomste opgepas het. Dis bog, meen Beatrice. Marius het Ann-Marie glo lank voor dit geken omdat haar pa, ’n ketelmaker, voorheen vir hom gewerk het.

Ann-Marie het toe by Marius, Beatrice en hul minderjari­ge dogter ingetrek. Volgens Beatrice het sy na Ann-Marie omgesien asof sy haar eie kind is.

“Dit was ’n bitter pil om te sluk,” vertel Alwyn. “Maar Ann-Marie wou niks weet nie; sy het vasgeskop en gesê Marius het haar ’n beter toekoms beloof.”

’n Maand later het Beatrice se verhouding met Marius op die rotse beland; toe vind hy vertroosti­ng by Ann-Marie.

Alwyn vertel sy dogter het die verhouding eers geheim gehou. In Desember 2017 het hy op Marius se Facebookbl­ad gelees hy is in ’n verhouding met Ann-Marie. “Ek het haar gekonfront­eer, maar sy wou van niks weet nie. Sy het gesê hy is goed vir haar; dat hy belowe het om te betaal sodat sy skool kan voltooi en dat hy vir haar ’n motor sou gee.” Sy het in Januarie 18 geword.

Alwyn en sy eksvrou, Cecilia, AnnMarie se ma, het glo albei die verhouding probeer keer, maar later tou opgegooi.

“Sy het geweet ons is teen die verhouding gekant. Ons het vir haar gesê ons beskou hom as dominerend en aggressief. Vir elke gunsie het hy ’n gawe gesoek. Maar sy het gesê sy’s lief vir hom.”

Volgens Alwyn het Marius glo eers elke belofte nagekom: vir Ann-Marie geld in ’n bankrekeni­ng inbetaal; ’n voertuig en duur klere gekoop; luukse naweekuits­tappies. Vanjaar het Marius selfs vir haar borsinplan­tings betaal.

Middel vanjaar het Ann-Marie die eerste keer haar verhouding met Marius probeer verbreek, vertel Alwyn.

“Sy het ’n oulike outjie ontmoet. Jonk en vriendelik. Hy was mal oor haar. Maar Marius wou dit nie aanvaar nie; hy was woedend. Ek weet nie wat hy gesê het nie, maar sy is terug na hom toe.”

Hierna het Ann-Marie glo teenoor vriendinne gebieg Marius het haar emosioneel afgekraak en later fisiek mishandel. Alwyn se lewensmaat en AnnMarie se stiefma, Alida Fourie (43), wys ’n teksboodsk­ap van een so ’n vriendin: “Tannie, sy het vir my die bloukolle gewys. Hy het haar sleggesê en afgepers. Ann-Marie het erken Marius gaan eendag nog haar dood veroorsaak.”

’n Vriendin van Ann-Marie vertel Ma- rius het “nooit sy ware kleure in die openbaar gewys nie. Voor mense was hy altyd sjarmant en vriendelik. Dis eers wanneer die deure toe was dat hy sy ware kleure ontbloot het: Hy het Ann-Marie uitgeskel en rondgestam­p. Sy was nie onskuldig nie; sy het terugbakle­i en ook lelik gepraat, maar hy het fisiek met haar geraak. In so ’n mate dat sy bloukolle aan haar lyf gehad het.”

Kort voor hul dood het Marius glo aan Ann-Marie gesê nie een van hulle sal leef as sy besluit om haar verhouding met hom te verbreek nie, vertel die vriendin. “Sy het dit van haar ma-hulle weggehou. Haar pa het altyd gesê hy sal Marius doodmaak as hy sy dogter seermaak.”

Alwyn sê: “Mense vra hoe ons haar nie gekeer het nie. Ons kon haar nie in ’n hok toesluit nie. Ons het die verhouding op ander maniere probeer verhoed, soos toe Marius haar Hawaii toe wou neem en ek geweier het om vir haar paspoort te teken. Selfs dit het nie gehelp nie.”

In November vanjaar het Ann-Marie weer alle bande met Marius probeer verbreek en by Cecilia gaan bly. In dié tyd het sy weer kontak gemaak met haar ekskêrel, Kyle Slabberts (19).

“Ann-Marie het my ’n week voor haar dood gebel en gevra of sy my kan sien. Sy was histeries toe sy by my huis aankom. Sy het gesê sy weet nie wat sy gaan doen of hoe sy van hom gaan wegkom nie. Al wat ek kon sê, is dat sy moet ontsnap.”

Oor Kyle se vriendskap met Ann-Marie het hy glo dreigement­e van Marius ontvang, beweer hy. “Die eerste keer het Marius iemand opgekomman­deer om my te bel. Die stem aan die ander kant het gesê niemand sal ooit my liggaam opspoor as ek nie kontak met Ann-Marie verbreek nie. Die laaste keer het Marius my persoonlik gebel en gesê hy gaan met geweld optree as ek haar nie uitlos nie.”

Tog het Marius ’n manier bedink om die week voor haar dood weer naby aan Ann-Marie te kom, vertel Alwyn. “Marius het Cecilia gebel en gesê dis noodsaakli­k dat Ann-Marie dokter toe gaan om seker te maak die snywonde vir haar borsinplan­tings is gesond,” vertel Alwyn.

“Cecilia het ingestem. Marius het AnnMarie by haar ma se huis gaan haal.”

Hulle het haar nooit weer lewend gesien nie. Twee dae later het Alwyn die oggend vir sy dogter ’n teksboodsk­ap gestuur, maar geen antwoord gekry nie. Kort ná drieuur die middag het ’n familielid gebel met die nuus: “Kom dadelik; Marius het jou dogter geskiet.”

“Die wêreld het om my inmeka argetuimel,” vertel Alwyn. “Ek het by die werk weggejaag en Cecilia gaan haal. Toe ons by Marius se huis kom, was die polisie reeds daar; hulle het ons verbied om in te gaan. Ons was histeries.

“Minute het soos ure gevoel. Eindelik het nood diensperso­neel uitgekom met ’n mens toegedraai in ’n sak. Dit was my pop; sy was morsdood. Toe word Marius se liggaam ook uitgedra. Dood. Dis toe dat ek voel of ek ook doodgaan.”

Snags in sy drome sien hy haar leweloos in die lykshuis lê waar hy haar moes gaan uitken, vertel Marius. “My liewe pop; sy moes so seer gehad het.”

En op 30 November is Ann-Marie toe in die Sterkfonte­in-begraafpla­as in Krugersdor­p begrawe.

Hul dood is ’n skok, sê Beatrice. Dat Marius en Ann-Marie se verhouding met tye stormagtig was, is waar, sê sy. Maar dié moord en selfdood; dit wil niemand glo nie.

“Hy was ’n goeie man en pa. As dit selfdood was, is daar ’n rede. Want in die agt jaar dat ek hom geken het, het hy nooit ’n wapen besit nie,” sê sy. “Die laaste jaar was ’n gemors, maar hy het goed in hom gehad. Ann-Marie ook. Die hele voorval is ’n hartverske­urende tragedie.”

Konst. Slindile Ntuli, polisiewoo­rdvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van moord en selfdood.

 ??  ?? HOOFFOTO: AnnMarie Aylward en Marius Stiller. Hy was 62 en sy net 17 toe hul verhouding begin. HEEL LINKS: Hy het vir haar nuwe borste betaal.
HOOFFOTO: AnnMarie Aylward en Marius Stiller. Hy was 62 en sy net 17 toe hul verhouding begin. HEEL LINKS: Hy het vir haar nuwe borste betaal.
 ??  ?? Alwyn Aylward, Ann-Marie se pa, sê hy is verpletter ná sy dogter se dood. Hy het haar teen Marius probeer waarsku, maar sy wou niks weet nie.
Alwyn Aylward, Ann-Marie se pa, sê hy is verpletter ná sy dogter se dood. Hy het haar teen Marius probeer waarsku, maar sy wou niks weet nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa