Huisgenoot

Jackie Chan se skop, skiet en skandes

In sy onthullend­e memoires vertel die gevegkunss­ter Jackie Chan oor sy gewelddadi­ge gedrag en dae as rokjagter en dobbelaar

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK BRONNE: DAILY MAIL, THE SUN, THE STARIGHTS TIMES, FORBES, PEOPLE, EXPRESS.CO.UK, CINEMABLEN­D

HY HET miljoene aanhangers, is een van die beroemdste akteurs ter wêreld en het deur sy on gelooflike talent vir gevegkuns naam gemaak. Maar Jackie Chan is ook – in sy eie woorde – ’n “regte bliksem”. In sy nuwe outobiogra­fie, Never Grow Up, erken die 64-jarige akteur skokkende dinge oor homself – en dit laat jou besef agter daardie vonkelende oë skuil iemand wat inderwaarh­eid baie soos een van die boewe in sy flieks is.

Hy vertel hoe hy gereeld bordele besoek het, die vroue in sy lewe sleg behandel het en eenkeer in ’n woedebui selfs sy kleuterseu­n na die ander kant van ’n vertrek gegooi het.

Hy het dikwels dronk bestuur en was al op een dag twee keer in ’n botsing – die eerste een was die oggend met sy Porsche en toe die aand met sy Mercedes Mercedes-Benz. Benz. Dit blyk alles uit uittreksel­s van sy boek wat in Daily Mail gepublisee­r is. Die akteur het sy geld op dobbelary en prostitute geblaas en hy vertel van een vrou saam met wie hy gereeld bed toe is, maar wat hy net as NumberNine geken het. Hy skryf sy gruwelike gedrag toe aan sy gevaarlike werk as waaghals voor hy in 1978 in die flieks Snake in the Eagle’s Shadow en Drunken Master begin naam maak het. Jackie is byna dood op die stel van die 1986-fliek Armour of God toe hy van ’n nou lysie na ’n hoë boom moes spring. Hy het geval en ’n stukkie been het sy skedel deurboor. “Baie mense vra: ‘Het jy al in jou loopbaan jou bene gebreek?’ Ek dink nie elke been nie, maar elke sentimeter van my lyf is gesny, gebrand en verdraai. Maar die ernstigste een was die keer in die destydse Joego-Slawië tydens die verfilming van Armour of Go God. Ek was byna dood.”

Om in so ’n wêreld wêre te leef het hom roekeloos gemaak, vertel ve hy. “Ons het almal geweet as iets skeefloop, ske sal ons nie die son die volgende môre m sien opkom nie.”

Sy roekeloosh­eid het ook in sy optrede teenoor geliefdes gemanifest­eer. g

Hy is met die Taiwannese Ta aktrise Joan Lin (nou 65) getroud getro net omdat sy met hul seun, Jaycee, swanger sw geraak het.

In 2015 – die jaa jaar toe sy outobiogra­fie in Chinees gepubli gepublisee­r is – het hy dit in ’n onderhoud met China Ch Press reguit gestel: “Jaycee se bevrugting bevrugt was ’n ongeluk. Ek het gevoel dit dwing dwin my om te trou.”

Hy het sy vriend vriende geglo wat gesê het Joan is net agter s sy geld aan en het met opset swanger geraak. ger As ’n gevolg het Jackie “gedurig aa aan maniere gedink om my geld van haar w weg te hou”.

Eenkeer het hy tydens t ’n bakleiery die klein Jaycee (nou 36) 3 aan die hand gegryp en hom dwarsoor die vertrek gegooi.

“Hy’s net ’n kind!” kind! het ’n verskrikte Joan geskree. “Hoekom het jy dit gedoen?”

Jaycee is in 2015 in hegtenis geneem op dwelmklagt­e en h het ’n vonnis van ses

maande hiervoor uitgedien. Nie een van sy ouers het hom in die gevangenis besoek nie, maar met sy openbare apologie in Beijing, China, het hy gesê hy verkies dit so. “Ek wil nie hê my pa moet deur my foute geraak word nie. Ek moet vir my eie tekortkomi­ngs verskoning vra.”

JACKIE is as Chan Kong-sang in Hongkong gebore. Sy ouers was verarmde vlugteling­e van die Chinese burgeroorl­og.

Charles en Lee-Lee Chan was so desperaat, hulle het amper hul seun aan ’n ryk Britse paartjie verkoop, vertel Jackie.

Eindelik het Charles as sjef werk gekry, en toe Jackie ses was, het die gesin na Australië geïmmigree­r. Kort voor lank het hulle hom weggestuur – na die Drama-akademie van China, waar hy in die koshuis gewoon het.

Hier het hy gevegkuns geleer sowel as akrobaties­e toertjies, sang en toneelspel. Die leerlinge het volgens ’n streng rooster geleef en moes soggens douvoordag opstaan ná net ses uur se slaap.

Hoewel Jackie in gevegkuns uitgeblink het, het hy nooit leer lees, skryf of somme doen nie – iets waaroor hy tot vandag skaam is. Sy kredietkaa­rt het nie ’n handtekeni­ng agterop nie, want Jackie kan nie eens sy eie naam skryf nie.

Hy het talle flieks gemaak voor hy in Hollywood roem behaal het nadat hy saam met Chris Tucker in die gewilde Rush Hour-fliekreeks gespeel het. Dit was min of meer in daardie tyd dat hy sy eerste outobiogra­fie, I Am Jackie Chan: My Life in Action, uitgereik het. Dit was nie naastenby so onthullend soos die nuwe een nie; dit het verwys na die swaarkry wat hy oorkom het en het sy arrogansie net ligweg aangeraak. Al het hy ál beroemder en ryker geword, was daar dinge uit sy verlede wat steeds ’n invloed op hom gehad het.

“Ek het begin om altyd groot bedrae kontant saam met my te dra,” sê hy. “As jy aan armoede gewoond was, laat kontant jou veilig voel. Ek hou daarvan om ’n klomp mense om my te hê, en elke ete was saam met ’n hele groep.”

Die Rush Hour-ster het in n een jaar ’n verstommen­de R28 miljoen n aan ander mense se kos bestee.

Hy het ook alles gekoop wat at sy hart begeer – selfs ’n troeteltie­r waarvan rvan hy weer ontslae geraak het nadat hy hom om in die gesig gekrap het. Steeds was s Jackie ongemaklik met sy roem en rykdom. ykdom. Hy onthou ’n voorval toe hy met die deftige Taiwannese aktrise Tere- resa Teng uitgegaan het en sy hom na ’n spoggerige Franse e restaurant geneem het.

“Sy het rooiwyn bestel en ek het op bier aangedring. Toe die kelner ons sop bring, het sy ewe elegant met haar lepel ’n skeppie gevat terwyl ek my bak opgetel en my sop gedrink het.”

Agterna het hy vir haar gesê: “Jy bring my nooit weer na so ’n restaurant nie.”

“Ek het so verskrikli­k opgetree weens my diep onsekerhed­e. Toe ek ’n kind was, het ryk kinders altyd op my neergesien.

“Enigiets wat net effens na snobisme of meerderwaa­rdigheid geruik het, het my warm onder die kraag gehad.”

DAAR was ook Jackie se skandalige affair met Elaine Ng Yi Lei, die voormalige Mej. Asië wat 20 jaar jonger as hy is. Hy het sy verhouding met haar aangeknoop terwyl hy nog met Joan getroud was.

Hul affair het in 1999 die koerante gehaal, nes die geboorte van hul dogtertjie, Etta, in latere jare.

Jackie het op ’n perskonfer­ensie die affair erken en gesê hy “het ’n fout begaan nes mense oor die hele wêreld”. In die boek onthou hy hoe hy in die spieël gekyk en gesê het: “Jy’s ’n regte bliksem.”

Hoewel hy so openlik in die boek is, praat Jackie glad nie oor Etta (19) nie.

Dit lyk asof hy ondanks al sy pogings om ’n ordentlike­r lewe te lei nog nooit probeer het om ’n verhouding met haar te hê nie. Etta se ma, Elaine, het eenkeer gesê Jackie, met ’n netto waarde van sowat R5 miljard, het nooit finansieel tot sy dogter se grootwordj­are bygedra nie.

En Etta het al laat hoor: “Ek voel niks vir hom nie. Hy is my biologiese pa, maar hy’s nie in my lewe nie.”

So anders as die fliekheld vir wie baie mense so lief is . . .

 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Jackie Chan as kind saam mmet sy ouers, Charles en Lee-Lee Chan. REGS BO: Die gevegkunsm­eester en rolprentst­er saam met sy seun, Jaycee, en vrou van 36 jaar, Joan Lin, wat by hom gebly het ná sy skandalige affair in 1999. LINKS: L Jackie het internasio­naal naam gemaak toe hy in die 1998-fliek Rush Hour saam met Chris Tucker gespeel het. BO: Jackie is in 19 1986 byna dood tydens ’n waagtoertj­ie vir ’n fliek. flflfl LINKS: Sy doggter, dogter, Etta, Ettttttttt­ta, iis uiti sy affairffi mmet ElElaine i Ng Yi Lei geboregebo­re. BO: Etta het geen verhouverh­ouding met haar pa nie.
LINKS BO: Jackie Chan as kind saam mmet sy ouers, Charles en Lee-Lee Chan. REGS BO: Die gevegkunsm­eester en rolprentst­er saam met sy seun, Jaycee, en vrou van 36 jaar, Joan Lin, wat by hom gebly het ná sy skandalige affair in 1999. LINKS: L Jackie het internasio­naal naam gemaak toe hy in die 1998-fliek Rush Hour saam met Chris Tucker gespeel het. BO: Jackie is in 19 1986 byna dood tydens ’n waagtoertj­ie vir ’n fliek. flflfl LINKS: Sy doggter, dogter, Etta, Ettttttttt­ta, iis uiti sy affairffi mmet ElElaine i Ng Yi Lei geboregebo­re. BO: Etta het geen verhouverh­ouding met haar pa nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa