Boer André – die romantiese reus
Boer André praat oor die harde plaaslewe, oor verhoudings en hoe dit was om drie ‘girls’ op die plaas te hê
SY GULHARTIGE gasvryheid tref ons nog voor ons in die pad val. Boer André bel om te sê hy gaan middagete berei en wil solank weet: Hoeveel mense is ons en hoe laat kom ons? Tussen Colesberg en Noupoort draai ons by ’n netjies geskraapte plaaspad af. Dié geweste is die ene groen bossies, blou rantjies en Karookoppe wat bo die landskap uittroon. In die verte sien jy een van die hoogste berge in die Noord-Kaap – Kikvors, die Nederlands vir padda.
Die man wat ons met sy vyf stertswaaiende honde op die werf inwag, staan ’n indrukwekkende 1,96 m in sy sokkies. Maar sy groet is innemend en mensliewend; soos dié van ’n sagmoedige reus.
G’n wonder hy is ’n gunsteling onder kykers van die 11de seisoen van die kykNET-reeks Boer Soek ’n Vrou nie.
Die kleinste hondekind, Sproetjies, ’n Jack Russell, verbeel hom duidelik hy is die baas op die plaas, want hy is die enigste van die vyf wat ons blaffend verwelkom.
Met ons aankoms waai ’n woeste wind alles en almal deurmekaar en buig die toppe van die drie sipresbome op die werf. Hiervoor vra André dadelik verskoning.
“Gister was dit net ’n ligte windjie. Vandag is dit onplesierig. Maar ’n week sonder wind beteken die windpompe is stil en die damme leeg,” vertel hy en kyk hoopvol na die wolke wat saampak. “Wind bring reën en seën.”
Die 35-jarige skaap-en-sybokhaarboer nooi ons in na die beskutting van sy 120 jaar oue sinkdakopstal, waar hy ook sy drie Boer Soek ’n Vrou-gaste gul ontvang het. Hy het Corinne, Lea-Mari en Madelé hul gang laat gaan, sê André, want hy hou daarvan om mense gelukkig te maak.
“Ek het hulle gou tuis laat voel. Maar ek het al drie amper ge- fire toe hulle die vet van die skaaptjoppies afsny. Nog erger dat dit in die asblik beland het met al my honde buite,” spot hy.
“Verliefdheid is lekker en ’n man laat toe dat iemand op sy kop sit. Maar jy kan nie altyd net goed wees nie, want dan kan mense jou misbruik,” verduidelik hy sy bedrywige en stresvolle werk. “Om almal op die plaas tevrede en gelukkig te hou is nie vir my maklik nie. Ek is maar ’n sagte soort mens.”
“Die huwelik moenie werk wees nie, glo ek. Ek het genoeg werk. Daardie s*** is nie vir my nie,” vertel hy nou rustig.
Ons gaan sit aan om te eet. Quiche en slaaistokkies. Agter hom in die kombuis teen die muur is reusefoto’s wat hy met sy selfoon geneem het toe dit in September laas op die plaas gereën het en water volop was. “Luister, ondersteuning en liefde is vir my belangrik in ’n verhouding. En as ’n probleem opduik, gaan julle saam daardeur.” Dit was sy droom om so iemand in die program te kry, maar kykers sal moet wag en sien of dit gebeur.
‘Ek sal nie moan oor 12 haardroërs wat op een slag aan is nie’
DIE familieplaas waarop hy nou alleen boer, dateer uit die 1800’s, en in die begraafplaas rus die voorgeslagte. Laatmiddag ry ons agterop ’n bakkie op ’ n grondpad met hoë hobbels na die oorspronklike opstal wat sy gesin drie jaar gelede begin restoureer het. André se ouers, wat op Vanderkloof woon, oorweeg dit om later in dié ou huis te kom woon.
Op pad soontoe raap André ’ n 20 kg-sak voer op en gooi dit agterop die bakkie. Die halfblinde skaaphond Vlekkie hardloop heelpad agter die bakkie aan. “Sy doen dit graag om oefening te kry,” vertel André.
Dot, ook ’n skaaphond, is die harde werker tussen die klomp. “Gaan links. Kyk terug,” gee André opdragte toe ons eers stilhou om skape te voer. Al is Dot ’n dekade oud, jaag sy vernuftig die trop op ’n hoop. “Dankie, meisie. Mooi, my skat,” prys hy haar. By die ou opstal aangekom, wys hy na ’n donker kol op die oorspronklike sp geelhoutvloer en vertel ’n ’nE Engelsman is glo tydens die Anglo-Boereoorlog glo op dié plek doodgeskiet. ges Maar dis geskiedenis; nou wag wa hier honger vee. “Dis “droog en ons probeer die diere die in ’ n goeie toestand hou. Daar Da is nou twee lammeroeste – die drie maande oues en die ander wat wa nog in hul ma’s se pense is. Op die plaas is dit belangrik dat die ramme ram én die windpompe werk.” Die angorabokkies is ook huilerig en moet van hul ma’s gespeen word. wor “Jy “J kan beplan, maar youcan’t over overthinkit. Ek maak nou net planne vir v ’n week, want volgende week kom die groot reën. Hier moet jy so dink, dink anders gaan jy in ’n gat val,” meen hy. hy Terug by sy huis gesels ons weer oor die program. “Dit was lekker om drie girls op die plaas te hê. Hulle het in my belanggestel en was nie kwaad vir mekaar nie,” vertel hy. “Ek het hulle op hul gemak laat voel. Ek sal nie moan oor selfs 12 haardroërs wat op een slag aan die gang is nie. En soggens het ek vir hulle koffie in die bed geneem. Die week nadat die opnames verby was, het die stilte my gevang.” Is dit dié stilte wat hom aanvanklik vir Boer Soek ’n Vrou laat inskryf het? Nee, lag hy, vriende het hom oorreed. Hy was in Januarie vanjaar by ’n braai, buite by die vuur, toe die advertensie vir die nuwe seisoen op die kassie kom. “Ons gaan jou inskryf,” kondig die klomp wat in die huis voor die televisie was toe aan. Hulle het hom met vrae begin peper, vertel hy. “‘Jou beste eienskappe?’ En ek lys aanpasbaarheid, deursettingsvermoë en ’n positiewe lewensuitkyk. ‘ En slegte eienskappe?’ Ongeduldigheid, ek háát aspersies, en ek vertrou te maklik.” Hy skryf toe in en kry die oproep: “Jy’s in.” “Ek het my in ’n toestand in geskrik,” onthou hy. “Dit was te goed om waar te wees.” Selfs in die kantoor van sy ouboet, Hannes (42), wat in Johannesburg werk, het dit van die opwinding gegons. “Almal hoop op ’n happyending vir my,” lag hy.
En hoe lyk die gelukkige einde wat boer André homself toewens?
Hy verklap hy is ’n romantiese siel; hy sien romanse in die alledaagse dingetjies – die oopmaak van ’n deur, koffie in die bed, belangstelling in mekaar se dag.
“Een mens op sy eie kan op die materiële dinge begin fokus. Twee mense wat vir mekaar lief is, kan ’n vol lewe lei. Min dinge is vir my so mooi soos om die liefde in ’n vrou se oë te sien.”
Al drie vroue was uit hul gemaksone op die plaas, erken hy. “Dit is nie ’n leefstylplaas dié nie. Die vrou hier moet dit weet. Ooie moet lam en ek moet soggens vieruur gaan kyk of alles reg is.”
Mense op die dorp keer hom gereeld voor en stel voor wie hy moet kies. “Colesberg is ’n lieflike dorp met pragtige mense. Ek kry baie ondersteuning.”
Intussen gaan die boerdery voort. “Soggens wanneer ek en die werkers godsdiens hou, lê ek daarop klem dat ons God se mense op God se plaas is wat na God se diere moet kyk. Die belangrikste is om saam met die werk ook pret te hê.”