Trekpas vir Carlo, maar sy blus is nie uit
Carlo se hart is op TV gebreek, maar dié keer kan vroue aan hóm skryf
HY WAS van die begin af die buiteperd, die stadsjapie wat net mooi niks van plase of wild weet nie. Maar dit het Carlo Mazzoncini nie gekeer om sy hart 1 660 km ver tot by ’n wildplaas in Limpopo te volg nie.
Hoewel hy vroeër skepties was oor maat soek programme soos oos die kyk NETwerklikheid s reeks Boer Soek’ n Vrou het die aantreklike donkerkop nkerkop van die Kaap ingeskryf met die hoop dat hy sy droomnooi sal ontmoet. moet.
“Ek het altyd gesê daar r is mos nou geen manier dat ’n mens in so ’n kort ruk vir iemand kan val nie. Toe gaan trap ek self in daardie strik,” trik,” vertel die 31-jarige brandweerman. n. Want in ’n kort tydjie het hy toe e op die wildboer Toanette Els (23) 23) verlief geraak.
Hy was in die wolke toe oe hy gekies word as een van die drie mans wat by haar op p die plaas op Modimolle gaan aan kuier. “Nes ’ n seuntjie e op Kersoggend,” onthou hy. y. “Ek was daar om haar hart te e wen. Ek het genuine alles op die spel gesit.”
Maar toe stuur boer Toanette oanette hom eerste huis toe en haar ander twee keuses, Adriaan aan en Nardus, bly by haar op die ie plaas agter. Al was die teleurstelling groot, het Carlo nie hoop laat vaar om ’n sielsmaat te kry nie. Hy is al die afgelope ses jaar ’n alleenloper, en dié brandweerman voel die tyd vir liefde het aangebreek. “Met Boer Soek ’n Vrou het ek weer besef ek het soveel om ’n meisie te bied. Ek het soveel liefde om te gee en soveel omgee. Daardie Italiaanse passie is in my bloed,” sê Carlo, wie se oupa aan vaderskant Italiaans was. “Vir my is daar n niks beters as ’n romantiese restaurant, r ’n piekniek op ’n w wynplaas of iewers waar ek ’n meisie spesiaal kan laat voel nie.” Dis hoekom Carlo ingestem het om weer we te probeer om Die Een te kry. Dié keer kan vroue v wat sy storie in H Huisgenoot lees aan hóm hó briewe skryf. As ie iemand se brief b by hom ’n aar raak boor, sal sa hy haar moontlik m nooi n om saam s met hom h op ’n afspraak afsp te gaan. Hy glo gl immers: “Wie nie w waag nie, wen nie.” Met daardie daard skitterwit Hol lywood- l glimlag verklaar hy: “Dalk is dit die begin van ’n mooi liefdesverhaal . . .”
GEMAKLIK in ’ n denim, T- hemp en grys baadjie maak Carlo homself tuis op ’n gemakstoel in ’n kantoor by die brandweerstasie in Bellville in die noordelike voorstede van Kaapstad waar hy die afgelope ses jaar werk. Sy blou oë kyk jou deurdringend aan, maar hy gesels vriendelik en spontaan.
Al het hy voorheen sy bedenkings oor ’n maatsoekery voor die TV-kameras gehad, het hy blitsig van plan verander toe hy toevallig een aand Toanette se stem hoor. Dit was in ’n TV-insetsel om die boere bekend te stel wat vanjaar aan Boer Soek ’n Vrou deelneem.
“Ek was dadelik vasgevang deur die meisie se stem en die eienskappe wat sy in ’n ou soek,” onthou hy. Hy was besig om kos te maak en wou nie dadelik op die TV-skerm gaan kyk of die vrou so mooi soos haar stem is nie.
“Ek dink toe ek sal net luister, want ’n mens is so geneig om mense op grond van hul voorkoms te beoordeel,” verduidelik hy.
Toe hy wel gaan loer hoe die boer met die stem lyk, het Toanette sy asem weggeslaan. “Dat sy mooi is, was toe die kersie op die koek.”
Carlo het dadelik agter sy rekenaar ingeskuif en sy hart oopgemaak in ’n brief aan Toanette in die verre Modimolle. Hy
moes eers google om vas te stel waar presies dié dorp is.
“Ek was nog nie eens verder as Bloemfontein nie,” lag Carlo, wat in Kimberley gebore is, maar in Kuilsrivier in die noordelike voorstede van Kaapstad grootgeword het.
En toe kies sy hom sowaar as een van die drie mans wat by haar kan kom kuier.
Op die plaas waar Toanette met wild boer, het hy “baie vrae gevra en belanggestel”.
Adriaan en Nardus, die ander twee mans wat by haar vlerkgesleep het, kom albei van plase. “Ek het moeite gedoen om te probeer inpas,” vertel Carlo. “Maar jy kan jou net indink: Hulle drie ken die plaaslewe baie goed. Jy kan net soveel oor die plaas vra voor die ander begin dink dié ou chip nou heeltyd in.”
En wat sê hy daaroor dat Adriaan en Nardus hom oor sy onkunde geterg het?
“Hulle het my siel ’n bietjie uitgetrek, maar dit was allgoodfun.”
Terug by die brandweerstasie ver van die plaas is Carlo duidelik in sy element. Hy is ’n bok vir sports en speel met humor saam toe hy voor die kamera poseer vir ons prettige brandweer manfotosessie.
Maar sy werk is nie aldag jolig soos vandag tydens die fotosessie nie. Hy werk soms 24 uur lange skofte en word na enigiets van huis- of bergbrande tot mediese noodgevalle en ongelukke uitgeroep. Hy was al in lewensgevaarlike situasies.
Hier het hy geleer hoe belangrik dit is om selfvertroue te hê. “Jy kan nie in ’n brandende huis inhardloop om iemand te red as jy nie in jouself glo nie,” verduidelik hy.
Nie dat hy van nature van selfvertroue oorloop nie, veral nie wat hartsake betref nie. “’n Mens se mure is maar hoog, ek is nie die dapperste nie en is al in die verlede seergemaak,” bieg hy.
Om voor ’n TV-gehoor ’n vrou se hart te probeer wen was nie maklik nie. Al het hy positiewe kommentaar en steun van vreemdelinge gekry, moes hy ook onder kritiek in die sosiale media deurloop.
“Party mense het gesê ek is ‘te’, ” sê Carlo oor sy kritici. “Ek ís ‘te’. Sommer in hoofletters. Ek is te passievol, ek het te veel liefde en omgee in my, want môre word nie vir ons belowe nie,” is sy antwoord hierop. “Hierdie werk leer jou dat jy nie weet of jy môre huis toe gaan nie,’’ verduidelik die toegewyde brandweerman.
“Kykers sê dalk ek is ’n mommy’sboy, maar ek was die enigste kind en my ma is ontsettend lief vir my en ek is ontsettend lief vir haar,” vertel hy oor sy ma, Teresa (57).
Sy ouers is geskei toe hy twee jaar oud is. Albei woon nou in Brackenfell, net ’n klipgooi van sy woonstel, en hy kuier gereeld by hulle. Ook met sy pa, Carlo sr. (57), het hy ’n goeie verhouding. “Hulle het my van kleins af geleer om ’n vrou met respek te behandel. Alles wat ek is, is aan hulle te danke.”
Nadat Carlo jr. aan die Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier gematrikuleer het, het hy ’n B.Com.-graad in bestuursrekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch behaal.
“Daarna het ek twee jaar lank gesukkel om werk te kry,” vertel hy, sy oë en stemtoon weer die ene erns.
“Dit was rof. Ek het teruggegaan Kimberley toe, want ek het nog baie fa- milie m daar. Ek het ’n rukkie lank in ’n onderneming d van ’n vriendin se pa met administrasie m en finansies gehelp.”
Tussendeur het hy ook klubrugby gespeel, sp maar ná ’n kniebesering het hy teruggekom te Kaap toe. Vriende wat in die brandweerdiens br gewerk het, het hom toe aangemoedig aa om aansoek te doen.
“Ek glo daar is ’n plan met my lewe en dat da ek vir ’n rede ’n pad met die brandweer w moet stap,” sê hy. “Dis ’n moeilike, maar m onbaatsugtige werk. Dis ’n groot seëning se om mense te kan help. Jy weet jy het he ’n geleentheid om ’n verskil in iemand m se lewe te maak.”
In sy vrye tyd kuier hy saam met sy familie, f en hy is dol oor romantiese flieks. fl “Maar ek geniet ook ’n lekker aksiefliek,” s voeg hy vinnig by. Dan erken hy ruiterlik r hy is ’n groot romantikus. “Dit moet m my Italiaanse gene wees,” lag hy.
Sy droomvrou is saggeaard en liefdevol vo met ’n omgeehart. “Sy moet weet ek sal sa vir haar soggens briefies los om te sê sy is my alles.” Hy is op soek na iemand wat die klein dingetjies waardeer, soos ’n lekker braai saam met die familie. “Ek soek iemand met wie ek ’n lang pad kan stap. Ek sal daardie sprokie najaag, al klink dit na ’n cliché,” sê hy ernstig.
En dan helder daardie deurdringende blou oë weer op. “Ek soek iemand om die romkoms saam met my te kyk. Ek is nou gatvol daarvoor om dit alleen te kyk!” S B Lesers wat vir Carlo wil skryf in die hoop om sy oog te vang, kan ’n brief met ’n foto van hulself daarby in ’n e-pos stuur na charlea.grey@ huisgenoot.com. Huisgenoot sal die briewe dan aan Carlo besorg. Lesers wat nie van Carlo hoor nie, moet berus in sy besluit om hulle nie beter te leer ken nie.