Huisgenoot

Toets jou kennis: Hoe goed ken jy BTS?

- Deur COLIN HENDRICKS

Dié Koreaanse popgroep verbeter links en regs rekords. Tieners van oor die hele wêreld is gaande oor diegroep, hul musiekvide­o’s kry miljoene trefslae en hulle ryg die een treffer ná die ander in. Die Fake Lovesanger­s se album Love Yourself: Tear was ook die eerste album deur Koreaanse kunstenaar­s om die no. 1plek op die Amerikaans­e Billboard 200albumtr­efferlys te haal. Is jy deel van die ARMY? Kyk hier hoe goed jy dié groep ken

1 Een van die sewe lede van die seunsgroep, wat ook sy lyf solosanger hou, het vanjaar die no. 1plek op Billboard se trefferlys van opkomende kunstenaar­s gehaal. Wat is dié lid se naam? A RM B J-Hope C Suga 2 In Augustus vanjaar het hulle ’n nuwe weergawe van hul liedjie Idol saam met ’n bekende Amerikaans­e rapper uitgereik. Wie is dié rapper? A Post Malone B Cardi B C Nicki Minaj 3 In Augustus het hul musiekvide­o vir Idol 45 miljoen trefslae gekry op die dag wat dit uitgereik is. Dit het toe die rekord laat spat vir die nuwe musiekvide­o wat die meeste trefslae binne 24 uur op YouTube gekry het. Wie het voor BTS dié YouTuberek­ord opgestel? A Drake – In My Feelings B Troye Sivan – My My My! C Taylor Swift – Look What You Made Me Do 4 Die groep was vanjaar gaste in die TVprogram The Graham Norton Show. ’n Amerikaans­e aktrise, wat ook ’n gas was, was so geraak deur die “vreugde” wat die groep die wêreld bring dat sy letterlik haar hemp in die program uitgetrek en vir hulle gegee het. Wie is dié aktrise? A Jennifer Lawrence B Whoopi Goldberg C Maisie Williams 5 Die hoofrapper, RM, is glo superslim en het ’n IK van 148. Hy het homself leer Engels praat deur watter Amerikaans­e reeks oor en oor te kyk? A Friends B The Big Bang Theory C Modern Family 6 BTS in Koreaans is Bangtan Sonyeondan, wat wat in Engels beteken? A Burn the Stage B Behind the Scenes C Bulletproo­f Boy Scouts 7 Tydens een van hul eerste optredes het een van die lede se broek op die verhoog afgeval. Hy was so erg verneder dat hy ná die optrede in trane uitgebars het. Watter lid was dit? A J-Hope B Jin C Jungkook 8 RM sê hy sou met een van sy medegroepl­ede uitgaan as hy ’n meisie was. Van watter ander BTSlid praat hy? A J-Hope B Jimin CV JOU TELLING 8 UIT 8 Jy’t ’n obsessie met BTS en ken waarskynli­k ook hul Koreaanse liedjies! 4 TOT 7 Jy is ’n aanhanger. Jy het seker al hul liedjies Fake Love en Idol gehoor? 0 TOT 3 K-pop, BTS? Afkortings maak jou lighoofdig!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa