Huisgenoot

KYKERS BOOS OOR 7DE LAAN SE STORIES Talle lesers is warm onder die kraag omdat die sepie vanjaar omstrede storielyne oor ’n tronkbende, ’n gevegsklub en ’n sekte op die kassie uitgebeeld het

-

Dis verveeldhe­id.

Stories word uitgedink en belaglikhe­de kwytgeraak. Pleks daarvan dat die akteurs sê dis genoeg, doen hulle enigiets in die naam van geld. KHLOÉ SNYMAN

Laat dit net weer ’n sepie wees wat ’n mens laat ontspan.

Dis die een ekstreme ding op die ander. Kry ander skrywers. Soos dit nou aangaan, kan julle maar verdwyn. LIDA PIETERSE

Dis nie meer ’n program vir die hele gesin nie.

Dit moet ’n ouderdomsp­erk van 18 hê oor die taalgebrui­k. Ek kan nie meer kyk nie oor ek kinders by my het. JUANITA DU TOIT

Die ergste is dat nie een van die karakters goeie waardes het nie.

Almal bly saam en slaap rond. Hulle het nie meer een goeie rolmodel vir ons kinders nie. YOLANDE WELDON

Dorette Potgieter vertel Samaritane het haar gehelp toe sy in ’n geldknyp was

Sjoe, ons besef nie altyd hoe sleg dit daar buite is en hoe swaar mense kry nie, al lyk dit nie so nie. Sterkte vir wat jy nou deurgaan. Ons bid vir uitkoms vir jou. Die Here voorsien altyd. SHARON DU PREEZ Swaarkry tref die meeste mense, maar nie almal maak voorsienin­g in tye wanneer dit goed gaan nie. Dis lekker om te leef terwyl dit pap reën. Hou altyd ’n neseier iewers. KHLOÉ SNYMAN

Hoe gemaak as jy jou maat se vertroue geskend het?

Ek het ’n fout gemaak en dit erken. Ek is spyt oor wat ek gedoen het, maar ek is veral spyt dat ek dit erken het. Ek sou minder hartseer beleef het as ek eerder stilgebly het. N. DU P. Hoekom vang mense sulke twak aan? Kan mense hulle nie inhou en bly by die mens wat jy gekies het nie? Spyt kom te laat. Die storie van “dit is nie soos dit lyk nie” is ook twak. ELSA GERICKE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa