Huisgenoot

Kortverhal­e: Kombuistaa­l

’n ‘Affieplaas-man’ gee in ’n Londense winkel vir Emma ’n boek van Koos Kombuis present

- Illustrasi­e: MICHAEL DE LUCCHI Deur MARYNA BLOMERUS

EMMA LE ROUX kyk gesteurd op van haar boek waar sy knus in haar jeans en los trui in ’n hoekie van ’n boekwinkel in Cambridge sit en lees.

Die winkeldeur het oopgeswaai en ’n ysige koue het saam met ’n jong paartjie ingeglip. Hulle loop hand om die lyf en lag en gesels intiem. Hulle praat Afrikaans en Emma spits haar ore.

Die winkelassi­stent groet hulle en vra hoe hy kan help.

“We are looking for a book about pot plants,” antwoord die jong man. Sy aksent is so dik soos die bobeen van ’n olifant. Die assistent gee ’n ongemaklik­e kuggie en verduideli­k hulle verkoop nie “daardie soort” boeke nie.

“I think he means,” help Emma geamuseer vanuit haar hoek, “potted plants. I don’t think he plans to grow pot.”

Die assistent giggel, rol sy oë en sê: “Okey dokey,” maar dit neem die jong man ’n paar sekondes om die verskil te snap en ongesteurd te beaam: “Ja, sorry, potted plants.”

Hoe jammer, dink Emma, baie aantreklik, maar ’n bietjie stadig.

Die meisie verdwyn om die hoek na waar die assistent beduie hulle boeke oor “potted plants” sal kry, maar die jong man beweeg na Emma se tafel. “Andries,” stel hy hom voor en steek sy hand uit om haar op ’n boeremanie­r te groet.

“Emma,” antwoord sy met ’n handdruk so ferm soos syne. Sy merk op sy oë is die kleur van nuwe blaartjies in die lente. Hy gaan sit teenoor haar.

“Mis jy jou plaas so dat jy nou in potte wil boer?” vra sy.

“Wat ek mis, Emma,” sê hy met erns in sy groen oë, “is blou lug en sonskyn. Dié grys koue sal my nog gek maak. Wat op aarde bring jou in die middel van die winter na Engeland?”

“Ek studeer hier. Aan King’s College London. Winters inkluis.” Sy voel hoe haar katnaels uitskiet. Dis haar domein en sy sal dit verdedig teen sy tipiese mening dat Engeland niks meer as slegte weer het nie. “Maar al het ek ’n keuse gehad, sou ek selfs in die winter nêrens anders wou wees nie. ’n Mens moet ietwat eendimensi­oneel wees om na sonskyn en blou lug te verlang in dié paradys van kuns, kultuur en geskiedeni­s.” Sy kyk uit die hoogte op Andries neer.

Hy blyk te dikvellig te wees om beledig te voel. Hy kyk haar net op en af asof hy wil vasstel hoeveel sy op ’n veiling sal haal. Emma weet sy is mooi, alle mans kyk haar op en af, maar dis nie die soort kyk wat hy haar gee nie. Seker te skraal vir sy kraal, dink sy.

“En wat is jou vakgebied?” vra Andries. Die winkelassi­stent se kop ruk na hul kant toe.

“Moenie daardie v-woord so in die openbaar gebruik nie. Hulle sal dink jy praat vuil.”

Dit neem hom weer ’n paar sekondes om die taalblaps te snap, waarna hy net skuins glimlag. Ai, dink Emma, sy reaksies is so stadig, ’n mens kan ’n dagboek van die proses byhou.

Sy merk op hy dra ’n boek van sy eie saam. “Wat lees jy?” vra sy en beduie met haar kop na sy boek.

“Koos Kombuis. i-Tjieng: ’n GPS vir

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa