Huisgenoot

Albums vir die Kerskous

Is jy op soek na ’n spesiale Kersgesken­k of vuurwarm liedjies om die partytjie aan die gang te kry? Dié lys bevat iets vir almal

- Saamgestel deur NICI DE WET

A MAGICAL CHRISTMAS WITH CHARLIZE BERG CHARLIZE BERG

Die plaaslike sangeres se Kersalbum bevat 12 snitte, waaronder klassieke Kerslieder­e soos Oh Holy Night en Afrikaanse liedjies soos Somer Kersfees en Kyk Hoe Glinster die Maan. “Die album is beslis ’n spesiale een vir my,” sê Charlize.

DANCING QUEEN CHER

Die popdiva se album van Abba-liedjies sal enige partytjie skop gee. Sy was glo altyd ’n Abba-aanhanger, en nadat sy in vanjaar se opvolgpren­t Mamma Mia! Here We Go Again verskyn het, is sy herinner aan watter wonderlike en tydlose liedjies hulle geskryf het – toe neem sy ’n album met hul treffers op, vertel Cher.

A LEGENDARY CHRISTMAS JOHN LEGEND

Dit is die Amerikaans­e sanger se sesde album en eerste Kersalbum. “Ek dink my stem is vir Kersmusiek gemaak,” sê hy. “Ek is mal daaroor.” Die album bevat ses oorspronkl­ike en agt klassieke Kersliedji­es. Stevie Wonder word op die mondfluitj­ie in What Christmas Means to Me gehoor.

THIS CHRISTMAS DAY JESSIE J

Die Britse sangeres se eerste Kersalbum bevat haar eie weergawes van bekende Kersliedji­es soos Santa Claus Is Comin’ to Town, Silent Night en Jingle Bell Rock. Bekende stemme word ook gehoor. Die R&B-groep Boyz II Men kan gehoor word in Winter Wonderland en Babyface in The Christmas Song.

LOVE MICHAEL BUBLÉ

Dit is die Kanadese sanger se eerste album in twee jaar nadat kanker in 2016 by sy seun, Noah (toe 3), gediagnose­er is. Hy het die album, glo sy romantiess­te nóg, saam met David Foster vervaardig. Dit bevat onder meer nuwe weergawes van klassieke liedjies soos Nat King Cole se treffer When I Fall in Love .

CAUTION MARIAH CAREY

As jy sexy ouskool-R&B soek, is Mariah se nuwe album so reg in jou kraal. Caution is die popdiva se 15de album en haar eerste sedert 2014 se Me. I Am Mariah . . . The Elusive Chanteuse. Dit bevat 10 liedjies, waaronder die enkelsnitt­e With You, GTFO en A No No. En dit wemel van musiekster­re, soos die rapper Ty Dolla Sign.

BRIDGES JOSH GROBAN

Die sanger se agtste album sluit opwindende duette in saam met onder andere die mezzo-sopraan Sarah McLachlan, die Italiaanse tenoor Andrea Bocelli en die countryste­r Jennifer Nettles. Benewens Engels sing Josh ook in Frans, Italiaans en Spaans. Die album was no. 2 op die Amerikaans­e Billboard 200-albumtreff­erlys.

SÌ ANDREA BOCELLI

Die blinde Italiaanse tenoor se 16de album sluit opera en pop in. Die album is sy eerste in 14 jaar met nuwe snitte. Dit bevat duette saam met die Britse sangeres Dua Lipa en Josh Groban. Volgens die sanger is Sì ’n viering van “liefde, familie, geloof en hoop”. Sy treffer Fall on Me, saam met sy seun Matteo, is ingesluit en sy seun Amos speel klavier in die akoestiese snitte.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa