Huisgenoot

Gino Lee en sy sukses in die Groot Appel

’N NUWE ENKELSNIT, ’N ROL IN ’N JESSIE J-MUSIEKVIDE­O EN ’N KONTRAK MET ’N NEW YORKSE MUSIEKMAAT­SKAPPY . . . DITKAN DIT KAN BESWAARLIK BETER GAANMETDIÉ­GAANMETDIÉ SANGER Deur MYRON WEYERS

-

Klein-klein rocker

Ons kan nie genoeg kry van dié boorling van Port Elizabeth (22) se jongste enkelsnit, Only Get Better, nie. Die liedjie is ’n “boodskap van hoop vir dié wat deur moeilike tye gaan”, sê Gino.

Die sanger, wat die Groot Appel deesdae sy tuiste noem en die liedjie daar geskryf en vervaardig het, het onlangs weer ’n draai in sy geboortest­ad kom maak om eksamen te skryf vir die rekenaarwe­tenskapkur­sus wat hy vanjaar aan Unisa begin studeer het.

Dié oudleerder van die Theodor Herzlskool het van kleins af klavier gespeel en op 12 al ’n rockgroep, Rover Road Band, saam met van sy skoolmaats begin. “Ons het baie in PE opgetree en aan ’n paar talentkomp­etisies, insluitend die eerste seisoen van SA’s Got Talent in 2009, deelgeneem,” vertel hy.

Die groep was egter net twee jaar saam. “In 2010 het ek my sololoopba­an begin navolg nadat ek die nasionale KTV M-Net Young Stars-talentkomp­etisie gewen het.”

Sy pad na New York

Ná sy matriekjaa­r in 2013 het Gino ’n studie- beurs gekry om ’n jaar aan die roemryke New w York Film Academy in Amerika te studeer. Hier ier het hy ’n jaar lank toneel geswot. “Ek het dit baie geniet om daar te studeer,” vertel hy. “Ek k het ongeloofli­ke vriende daar ontmoet.”

Gino het einde Junie weer teruggekee­r na New York nadat hy sy studie in 2015 beëindig het t om bande te bou met musiekmaat­skappye. “Maar dié keer er was ’n hap uit die Groot Appel nie so soet nie,” sê Gino, wat t tot onlangs nog in die New Yorkse buurt Roosevelt Island gewoon woon het. Mense wat beloftes gemaak het om sy musiekdrom­e me waar te maak het hom teleurgest­el. “Gelukkig het ek Jason Jordan van (die musiekmaat­skappy) ONErpm daar ontmoet wat in my musiek geglo het,” vertel hy. Hy het sedertdien ’n musiekkont­rak by ONErmp in New York geteken.

Popsanger

Gino maak deesdae popmusiek. “Dit is waarvoor ek lief is en waarna ek geniet om te luister.” Sy debuutsnit, Back to Me, is verlede jaar uitgereik. “Dit gaan daaroor om dinge reg te maak met die persoon wat jy seergemaak het.”

En met net drie amptelike enkelsnitt­e wat tot dusver uitgereik is, het hy al talle hoogtepunt­e in sy musiekloop­baan gehad.

“Een was beslis om op die KFM- en Algoa FM-trefferlys­te te wees.”

Welkom terug (vir eers)

Hy is terug in Suid-Afrika om eksamen te skryf en ook vir sy broer Marco (29) se troue wat in Oktober plaasgevin­d het. Marco is deesdae ’n mediese dokter, maar het destyds liedjies vir Gino se rockgroep geskryf. Hul ouboet, Rico (36), is ’n bekende tatoekunst­enaar in Kaapstad. Gino se ma, Bernie, is ’n afgetrede onnie en sy pa, Clive, ’n dokter. Gino is die enigste sanger in die gesin en hou ook sy lyf akteur en model. “Ek het in musiekvide­o’s vir die sangers Jessie J en Mary J. Blige verskyn, verskyn,” vertel hy. Hy was in Jessie J se Flashlight-musiekvide­o en Doubt van Mary J. Blige, wat in 2015 in Los Angeles geskiet is. Wanneer hy so met die sterre uithang, moet hy homself omtrent knyp om seker te maak hy droom nie. “Ek het Jessie J ontmoet. Sy is baie plat op die aarde,” vertel hy.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa