Huisgenoot

VARK-EN-GROENPEPER­KORRELPAST­EI

Die vulsel kan ook gebruik word om individuel­e pasteie te maak indien verkies.

-

GENOEG VIR 8-10 MENSE BEREIDING: 40 MIN. GAARMAAK: SOWAT 2 UUR VARK

1,5-2 kg stowevarkv­leis sout en witpeper

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, in kwarte gesny

2 lourierbla­re

250 ml (1 k) hoender- of groenteaft­reksel

VULSEL

15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, gekap

4 knoffelhui­sies, fyngedruk

2 wortels, geskil en in blokkies gesny

300-350 g gemengde sampioene, in stukke gesny

30 ml (2 e) meel

30 ml (2 e) groenpeper­korrels, grofgekap gerasperde skil van

2 suurlemoen­e ’ ’n hand vol pietersiel­ie, gekap ’n hand vol koljander, gekap

VIR AFRONDING

2 x 400 g-rolle skilferkor­sdeeg

1 eiergeel gemeng met

10 ml (2 t) water

Hou ’n groot oondbak of twee middelslag pasteibakk­e byderhand. Gebruik 2 groot aluminium vriesbakke vir vries.

1 Vark Geur die varkvleis met die sout en peper.

2 Verhit die olyfolie in ’n drukkoker en verbruin die vleis in sarsies. Voeg die ui, lourierbla­re en aftreksel by en bedek met water. Kook 1 uur tot 1 uur 30 min. onder druk of tot die vleis sag is en van die been afval.

3 Haal die vleis uit die kastrol en hou die vloeistof. Verwyder enige

bene, vel en oortollige vet en gooi weg.

4 Vulsel Verhit die olyfolie in ’n diep pan en braai die uie en knoffel tot geurig. Voeg die wortels en sampioene by en braai tot gaar.

5 Strooi die meel oor die groente en meng goed. Voeg 250 ml (1 k) van die kookvloeis­tof van die vark by en meng deur. Laat prut oor matige hitte en roer af en toe tot die mengsel effens verdik het. Verlaag die hitte en voeg die vark by. Voeg nog van die kookvloeis­tof by as die mengsel te droog lyk.

6 Voeg die res van die bestanddel­e by en geur met sout, indien nodig. Haal die vulsel van die hitte af en laat heeltemal afkoel. Verdeel die vulsel tussen die bakke.

7 Vir afronding Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Bedek die pasteibakk­e met die deeg en sny oortollige deeg af. Druk die deeg styf om die vulsel en knyp die rande toe. Versier die pasteie met die orige deeg indien verlang. 8 Maak ’n gleuf in die middel van elke pastei. Vries vir later (bedek die pasteie met kleefplast­iek) of verf liggies met die eier en bak 25-30 min. by 180 °C of tot die pastei goudbruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa