Huisgenoot

PRAKTIESE WENKE OOR FOON-ETIKET

-

’n Selfoon behoort nie welkom te e wees rondom ’n etenstafel, tydens ns enige vorm van persoonlik­e interraksi­e of in vergaderin­gs nie, meen en dr. Thalyta Swanepoel van die Noordwes-universite­it.

Skakel by dié geleenthed­e jou selfoon se luitoon af of maak gebruik van ander funksies soos om jou datafunksi­e af te sit. As jy ’n dringende oproep verwag, waarsku jou gaste of kollegas wanneer jy in ’n vergaderin­g is.

Dis heeltemal in die haak om in jou persoonlik­e en werkverhou­dings selfoonreë­ls neer te lê, sê Thalyta. “Neem die vrymoedigh­eid om vir die skuldige te sê: Ek gesels gou verder wanneer jy klaar is met jou selfoon.”

Sê vir jou baas en kollegas jy lees nie saans ná agtuur jou e-posse nie en dat jy net met dringende aangeleent­hede gebel mag word.

’n Slimfoon of enige ander digitale toestel behoort nie in die slaapkamer toegelaat te word nie, want jy kan nie weerloos wees met ’n alomteenwo­ordige selfoon nie, sê prof. Kobus du Plooy, ook van die Noordwes-universite­it.

Span nieverbale kommunikas­ie of lyftaal in wanneer iemand in die middel van ’n gesprek na ’n selfoon loer. “Jy kan eenvoudig ophou praat, en wanneer die mens dan opkyk, sal hy waarskynli­k besef hy moet liefs sy selfoon eenkant sit,” stel Kobus voor.

En as mense steeds nie na jou luister nie en aanhou om met hul foon te woel? “Vra jouself of die omgewing reg is vir die gesprek wat jy wil voer,” sê Kobus.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa