Huisgenoot

HEIMLIK VERLIEF OP NIGGIE SE MAN

- LIEWE ELIZE As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

My niggie is baie koud teenoor haar man. Sy was baie lief vir hom toe hulle trou, maar nou ignoreer sy hom. Sy het ’n jong kind by ’n ander man en geen kinders by hom nie. Sy blameer haar arme man altyd vir alles. Hy kla nie daaroor nie, maar ek weet daarvan, want ons praat op WhatsApp. Ons kliek goed. Ek is die afgelope vier jaar ’n bietjie verlief op hom; hy is die man van my drome. Ek kuier saam met hulle en ons sien mekaar soms op ander familiegel­eenthede. Hy weet nie van my gevoelens nie. Ek dink sy sal hom dalk los.

DP op S

Jammerte vir die persoon wat jy liefhet, is petrol op die liefdesvuu­r. So ’n gehegtheid is dikwels nie ware romantiese liefde nie, maar spruit eerder uit ’n behoefte om iemand te versorg en vir hom om te gee.

Al spook hy dus al jare lank in jou gedagtes, is dit tyd dat jy met jou lewe aangaan en nie meer in die hoop leef dat sy en jou niggie se verslegten­de verhouding jou dalk ’n kans op ’n toekoms saam met hom bied nie. Moenie jou lewe wegdroom deur ’n fantasie te koester nie.

Maak nie saak hoe sleg sy hom behandel nie, dis steeds sy keuse om by haar te bly. As jy nou vir hom sou sê hoe jy oor hom voel, kan dit dalk jul vriendskap op die spel plaas. Laat hom die emosionele aandag wat hy aan jou gee ’n slag aan haar afstaan. Dit kan dalk haar houding verander.

Jy’s in ’n moeilike posisie, want as jou geheim bekend word, kan dit onmin in jul familie veroorsaak.

Dis eerder tyd om weg te beweeg van hierdie vriendskap en minder op sy lewe en meer op jou eie te konsentree­r. Begin deur minder na sy probleme te luister en meer oor jou eie lewe te gesels wanneer julle bymekaar is. Sorg dat jou eie lewe oor naweke besig is sodat jy nie familiegel­eenthede hoef by te woon nie en moenie sonder ’n uitnodigin­g by jou niggie gaan kuier nie. Beantwoord ook sy WhatsApp-boodskappe ál minder tot jy later nie veel meer as ’n verjaardag- of Kersboodsk­ap stuur nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa