Huisgenoot

DIE NUWE MELANIA

Verby is die dae dat die presidents­vrou in haar man se skadu leef – deesdae sê sy wat sy wil al bots dit met Trump se wense

- Saamgestel deur JANE VORSTER

WAT dink sy? Is sy gelukkig, vies of verveeld? Op foto ná foto was haar emosielose gesigsuitd­rukking presies dieselfde.

Lank was dit amper onmoontlik om te peil wat in die gedagtes van Melania Trump (48) aangaan. Of sy nou aan die sy van haar man was of haar eie paadjie ingeslaan het terwyl pres. Donald Trump (72) van Amerika elders met amptelike pligte besig was, Amerika se presidents­vrou het selde ’n betekenisv­olle gesigspier­tjie verroer.

Maar die afgelope jaar het dinge begin verander. Sy glimlag meer, sy sê haar sê oor kwessies van immigrasie tot kuberafkno­uery, en elke nou en dan lyk dit selfs of sy haar rol geniet.

Teensinnig­e presidents­vrou en gedweë onderdanig­e in haar man se skadu? Nie meer nie . . .

Melania se skuif na die Withuis in 2017 het op die verkeerde voet

begin toe onsekerhei­d eers geheers het oor of sy hoegenaamd daar wou woon of die rol van presidents­vrou wou speel. Maar nou lyk dit of sy ná 18 maande in die Withuis eindelik ingeburger is en boonop moeg daarvoor dat mense hulle teen haar voorkoms en modes blindstaar.

“Ek wens mense wil fokus op wat ek doen, nie wat ek aantrek nie,” het sy onlangs na verslaggew­ers gekap.

Sy swyg ook nie oor haar man se doen en late nie. Sy het in die openbaar standpunt ingeneem teen van sy optrede, beleide en selfs sy keuses van personeel – byna ongehoorde gedrag vir ’n presidents­vrou van Amerika.

Ook die Withuisper­soneel begin nou besef meer steek in die baas se vrou as wat almal gedink het. En bewaar die een se siel wat haar vies maak . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa