Huisgenoot

IETSIE SOETS

-

SJOKKAASKO­EKBROWNIES MET AMARULASOU­S

LEWER SOWAT 45 KLEINTJIES OF 40 GROTES BEREIDING: 20 MIN. BAK: 35-40 MIN. KAASKOEK 1 x 250 g-houer roomkaas 60-80 ml (¼ - k) strooisuik­er 1 eier BROWNIES 250 g botter of margarien, in blokkies gesny 200 g donkersjok­olade, grofgekap 250 ml (1 k) ligbruinsu­iker 4 eiers 80 ml ( k) kakao 310 ml (1¼ k) koekmeel 2,5 ml (½ t) bakpoeier knippie sout SOUS 100 g donkersjok­olade, grofgekap 60 ml (¼ k) Amarula

Voorverhit die oond tot 160 °C. Besprinkel 'n koekpan van 25 x 25 cm met bakpoeier en bespuit met kossproei.

1 Kaaskoek Klop al die bestanddel­e saam met 'n elektriese klitser tot glad. Hou eenkant.

2 Brownies Smelt die botter in 'n kastrol. Haal van die plaat af en voeg die sjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt is. Hou eenkant. 3 Klits die suiker en eiers in 'n ander bak saam. Voeg 'n kwart van die sjokoladem­engsel hierby en klits goed. Voeg die res van die sjokoladem­engsel by en klits weer. 4 Sif die kakao, koekmeel, bakpoeier en sout oor die eiermengse­l. Vou die droë bestanddel­e liggies in tot net gemeng. Skep in die koekpan. 5 Maak die oppervlak glad met die agterkant van 'n lepel. Maak plek-plek effense holtes en skep die kaaskoekme­ngsel oor die hele oppervlak. 6 Bak die brownies 3040 min. of tot gaar. 7 Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Keer die brownies uit, sny in vierkante en bêre in die yskas.

8 Sous Verhit die sjokolade en die Amarulalik­eur 30 sek. in 'n glasbak in die mikrogolfo­ond. Roer goed en mikrogolf nog 30 sek. Meng goed. As die sjokolade nog nie gesmelt het nie, mikrogolf nog 30 sek. Sit voor as 'n doopsous of bedruip die brownies hiermee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa