Huisgenoot

WIL IN VREDE SKEI, MAAR SY BAKLEI

-

VEk is besig om te skei en volgens ’n tussentyds­e hofbevel mag ek my kind af en toe sien. Maar wanneer ek haar by my ampereksvr­ou gaan haal, ontaard dit in ’n geskree. Belediging­s en beskuldigi­ngs word rondgeslin­ger, maar later moet ek leuens daaroor aanhoor. Al wat sy wil doen, is prosedeer. Dis die een prokureurs­brief ná die ander. Al wat ek wil doen, is om in vrede uitmekaar te gaan. Ek wil nie hê my kind moet aan die bakleiery tussen ons blootgeste­l word nie. Ek betaal onderhoud en het ’n groot familie na wie ek my kind saamneem. D op Q

ADie tyd voor ’n ouerskappl­an opgestel is, verg groot geduld omdat die emosies dan hoog kan loop. Die veiligste is om toe te sien dat wanneer jy jou kind gaan op- en aflaai jy elke keer iemand saam met jou het wat ’n getuie kan wees van wat gesê en gedoen word. Neem ook skermgrepe van jul selfoonkom­munikasie en stuur dit aan ’n vertroueli­ng sodat dit veilig is as jy later daarna wil verwys.

Dis goed om saam by familie te kuier, maar sorg ook dat julle tyd alleen deurbring. Woon skoolgelee­nthede getrou by en smee bande met die onderwyser­s.

Eindelose prokureurs­briewe kan ’n teken wees dat jou amper-eks jou wil boelie. Moenie dat vrees vir konflik jou daarvan beroof om jou kind te sien nie. Namate jou kind ouer word, sal sy meer tyd saam met jou nodig hê om die band tussen julle heg te hou. Jy moet dus toesien dat sy gereeld skoolvakan­sies en vakansieda­e by jou deurbring. Hierdie soort bepaling moet deel van jul ouerskappl­an uitmaak.

Sedert April 2010 is dit verpligten­d om so ’n plan op te stel as minderjari­ge kinders by ’n egskeiding betrokke is. Dit moet op skrif wees, deur albei partye onderteken word en by ’n gesinsadvo­kaat geregistre­er of ’n hofbevel gemaak word. As daar nie by die plan gehou word nie, kan jy die hof nader.

Dis ’n goeie idee om ’n gesinsbemi­ddelaar se hulp in te roep om gouer’ n skikkings ooreenkoms­te bereik pleks daar vandat julle tyd in prokureurs­kantore deurbring. So’ n bemiddelaa­rs e taak i som juis die kommunikas­ie beleef en sonder onnodige konflikte hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa