Huisgenoot

BORDE VLIEG ROND IN LIEFDELOSE HUWELIK

-

VEk is 30 jaar lank getroud en het drie kinders. My man het my al keer op keer verkul, maar wanneer ek hom daaroor konfrontee­r, verander hy die onderwerp. Hy sê ek irriteer hom en kla te veel. Hy wil nie met my oor ons verhouding praat nie, maar wel oor ander dinge soos skuld. Hy het ’n verskrikli­ke humeur. As my kos nie na sy mening goed genoeg is nie, trek daai bord kos deur die lug soos hy dit na my toe gooi. Ek moet elke dag hoor hoe sleg ek is. Ons slaap al 20 jaar lank nie saam nie en ek kry nie eens ’n drukkie van hom af nie, wat nog te sê van iets anders. Hy gebruik sy diabetes as verskoning hiervoor. Wat moet ek doen? D op K

AHierdie beledigend­e bullebak verdien nie dat jy ’n behoorlike bord kos vir hom opdis nie. Hy is ondankbaar vir die onbaatsugt­ige manier waarop jy hom al jare lank hand en tand bedien.

Dertig jaar is ’n halwe leeftyd vir baie van ons. In hierdie tyd moes jy ongelukkig toesien hoe jou lewe deur jou vingers glip, en hoe ’n rokjagter jou selfs van iets soos seksuele vervulling beroof.

As jy tot nou toe nie die moed kon bymekaarsk­raap om hom te verlaat of om finansiële redes dit nie kon oorweeg nie, is dit ’n goeie plan om vir berading te gaan.

Wanneer ’n mens met die leiding van ’n goeie berader perspektie­f kry oor wat jou alles in jou huwelik ontneem word en oor hoe jy emosioneel mishandel word, gaan jou oë dikwels makliker oop as wanneer ’n mens alleen na jou lewe kyk.

’n Berader kan jou ook tegnieke help ontwikkel om jouself emosioneel te versterk sodat jy hom óf kan verlaat óf as jy dit nie kan of wil doen nie jouself meer in hierdie situasie kan laat geld.

Ek sal jou sterk aanraai om vir ’n betrekking uit te kyk sodat jy geld bymekaar kan kry om van sy geboelie weg te kom.

Al is jou kinders nou volwassene­s, dra hulle waarskynli­k ook swaar aan die las van jou en jou man se wanfunksio­nele verhouding.

Dit kan ’n wyse besluit wees om hulle mettertyd na die berader saam te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa