Huisgenoot

Magnum P.I. is terug!

As daar één TV-reeks is wat jy moet sien, is dit die nuwe weergawe van die treffer-TV-reeks Magnum P.I. Hier is 10 dinge wat jy moet weet oor Jay Hernandez, die man wat die ikoniese hoofrol by Tom Selleck oorneem

- Saamgestel deur LARA ATSON

1 Twee en ’n half jaar gelede wou die Amerikaans­e akteur sy toneelloop­baan laat vaar. Hy was net nie meer opgewonde oor sy werk nie, vertel Jay (40). Toe kom rolle soos dié van die vuurman El Diablo in die superheldf­liek Suicide Squad en die sexy wewenaar Jessie in die komediepre­nt Bad Moms oor sy pad. Nou vertolk hy die rol van ’n leeftyd – dié van Thomas Magnum in Magnum P.I.! 2 Dit was nie maklik om as Magnum P.I. in Tom Selleck (73) se skoene te klim nie, erken Jay, wat as kind na die reeks gekyk het. Die karakter dra steeds Hawaise hemde en rits in ’n rooi Ferrari rond, maar daar is geen snor of opdragte van ’n Engelsman nie – in die nuwe weergawe is Higgins ’n vrou. Jay se Magnum is ’ n voormalige Navy SEAL wat uit Afganistan terugkeer huis toe en ’n privaat speurder in Hawaii word. 3 Jay was 12 tot 14 uur per dag op die stel in Hawaii. Terwyl die reeks geskiet is, het hy in ’n ongemeubil­eerde huis gebly en op ’n matras op die vloer geslaap. “Ek het nie regtig ’n bed gehad nie, maar ek het ’n branderpla­nk gekoop.” 4 Hy is in Montebello, Kalifornië, gebore. Sy ma, Isis, is ’n sekretares­se en rekenmeest­er en sy pa, Javier, ’n motorwerkt­uigkundige. Hy het ’n jonger suster, Amelia, en twee ouer broers, Michael en Gabriel. 5 Hy is op 18 in ’n hysbak in Los Angeles ontdek! ’n Talentbest­uurder, Howard Tyner, het Jay voorgekeer en hom oortuig om dramaklass­e te neem. Hy het boonop vir alles betaal, en toe Jay ’n paar jaar later begin werk, kon hy hom terugbetaa­l. 6 Jay het in 1998 sy TVdebuut gemaak as Anto- nio Lopez in die reeks Hang Time. Drie jaar later, in 2001, het hy sy rolprent debuut teenoor Kirsten Dunst gemaak in die romantiese tienerdram­aprent Crazy/Beautiful. Dit was ook ’n hartseer oomblik: Tydens die fliek se première in Hollywood het sy bestuurder en mentor, Howard, ’n hartaanval gehad en in ’n koma verval. Hy is twee weke later oorlede. 7 Jay het sy vrou, die aktrise Daniella Deutscher (43), ontmoet toe hy 14 en sy 17 was. Sy was ook sy medester in Hang Time. Hulle het in 2006 afgehaak. 8 Hy het sy wenkbroue laat waai vir sy rol as El Diablo in Suicide Squad (2016) – ’n karakter wat met tatoes oortrek is en vuur beheer. Hy het dit gedoen nadat die grimeerken­ners gesê het hy sal ’n halfuur korter in die grimeersto­el sit as hy sonder

wenkbroue is. Eers nadat dit verwyder is, moes hy hoor dit sal dalk nooit teruggroei nie! Gelukkig was hy toe verniet bekommerd. 9 Hy praat gereeld oor sy Mexikaanse herkoms en hoe moeilik dit is om as ’n Latynse akteur sukses te behaal in die bedryf. “Toe ek begin het, was daar geen Latynse rolle nie, en dis al waarin hulle jou kan sien, tensy jy hulle van die teendeel kan oortuig.” 10 Sy ma is ’n groot aanhanger van Tom Selleck. Toe Jay haar vertel hy gaan in die nuwe weergawe van die reeks speel, was haar eerste woorde: “Wie gaan Magnum wees? Sê asseblief vir my dis Tom Selleck,” vertel Jay. “Kan jy glo, my eie ma? Sy is bly om my onthalwe, maar as sy Tom kan ontmoet, sal sy ’n gelukkige vrou sterf.” BRONNE: YOUNGHOLLY­WOOD.COM, TRIBUNE NEWS SERVICE, STAR2.COM, COLLIDER.COM, CBS.COM, SIOUXCITYJ­OURNAL.COM, IMDB.COM

 ??  ?? Op DStv Catch Up. Nuwe episodes is van 9 Januarie Woensdae om 20:00 op M-Net.
Op DStv Catch Up. Nuwe episodes is van 9 Januarie Woensdae om 20:00 op M-Net.
 ??  ??
 ??  ?? HO HOOFFOTO DE H DER: Jay Hernandez en ONis die nuwe Magnum P.I P.I. LINKS: In die tagtig tigerjare g het Tom Sellec leck dié ikoniese rol ver vertolk.
HO HOOFFOTO DE H DER: Jay Hernandez en ONis die nuwe Magnum P.I P.I. LINKS: In die tagtig tigerjare g het Tom Sellec leck dié ikoniese rol ver vertolk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa